Italiaanse rugbylegende sterf
Rugby
Massimo Cuttitta, ’n voormalige Italiaanse stut wat lid van die 1991-toerspan na Namibië was, het Sondag in ’n hospitaal naby Rome weens Covid-19-komplikasies gesterf.
Cuttitta (54) het van 1990 tot 2000 in 69 toetse vir sy land gespeel. Hy was in 22 toetse die nasionale kaptein en het in die 1991 en 1995 Wêreldbekers gespeel.
Massimo en sy tweelingbroer Marcello, ’n vleuel, was beide in die Italiaanse toerspan wat in 1991 in Windhoek twee toetse teen Gerhard Mans se manne verloor het.
Massimo was ook in die Italiaanse span wat in sy eerste verskyning in die Sesnasies-reeks in 2000 in Rome verrassend met Skotland afgereken het. In sy klubloopbaan het hy ook vir Harlequins
Hy was ook ses jaar Skotland se skrumafrigter en het later ook as konsultant vir Roemenië, Kanada en Portugal opgetree.
“Massimo was een van die simbole van die nasionale span wat danksy ’n uitnemende geslag spelers in die 1990’s ’n reeks onvergeetlike vertonings in die Sesnasies-reeks gelewer het,” sê Marzio Innocenti, die president van die Italiaanse Rugbyfederasie.
“Hy was nie net ’n ongelooflike dienaar van Italiaanse rugby en ’n groot kenner van voorryspel nie, hy was ook ’n gewaardeerde ambassadeur vir ons span oorsee.”
“Mas was ’n lieflike man by wie spelers en afrigters aanklank gevind het. Hy het met baie mense in Skotse rugby en wêreldwyd vriende gemaak en gebly,” sê Gregor Townsend, Skotland se hoofafrigter.
“Sy passie en kundigheid het ons nasionale span se skrumwerk help verbeter en ’n groot impak op ons vertonings gehad.”
Bill Beaumont, voorsitter van Wêreldrugby, het getwiet: “Hy was ’n wonderlike dienaar van Italiaanse rugby en ’n wonderlike karakter.”
Die Sesnasies het sy afsterwe as “verskriklike hartseer nuus” beskryf en die All Blacks het hul “liefde aan ons Italiaanse rugbyfamilie” gestuur.
John Barclay, ’n voormalige Skotse kaptein, het op Twitter gesê hy en Cuttitta het op ’n keer oor kos en hul liefde vir parmaham gesels.
“Vir die volgende twee jaar het hy gereeld vir my Iberico-ham van sy tuisdorp gebring,” sê Barclay.
– Verwerk van Netwerk24/Reuters
FOTO
Die voormalige Italiaanse rugbykaptein Massimo Cuttitta, wat ook vir ses jaar die skrumafrigter van Skotland was, is Sondag oorlede. Foto’s Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie