Italianer se naam vir slenters misbruik
Die regte mnr. Emanuelle Augello, wat al 15 jaar lank 'n toergids en reisagent in Namibië is, het sy Italiaanse paspoort en identiteitsdokument drie jaar gelede verloor.
Tanja Bause – Die Italiaanse burger, mnr. Emanuelle Augello, is ook ‘n slagoffer van die "Italiaanse dokters"-bedrogspul nadat sy paspoort gesteel is en sy naam nou deur die modder gesleep word.
Die skelms het verskeie Namibiërs probeer inloop met slenters van edelstene tot bakkies wat breek, hospitale wat in Namibië gebou word en die bogstorie dat hulle slegs met euro's kan betaal – en dit alles in die naam van ’n sogenaamde Italiaanse dokter, dr. Emanuelle Augello.
In Maart 2014 het die regte mnr. Emanuelle Augello, ‘n toergids en reisagent wat al 15 jaar in Namibië woon, sy Italiaanse paspoort en identiteitsdokument verloor, het hy gister aan Republikein vertel.
Hy het dit by die polisie en die Italiaanse erekonsulaat aangemeld en nuwe dokumente ontvang. Hy het gedink die saak is afgehandel totdat ’n vriend, wat ook in die toerismebedryf is, hom uit Swakopmund met skoknuus gebel het.
“Op 10 Augustus 2015 het ek ’n oproep van ’n vriend ontvang wat vir my gesê het hy het ’n oproep van ’n man ontvang wat beweer hy is ek. Die man het vir hom gesê hulle is Italiaanse toeriste wat probleme het. Hulle het glo net euro's in hul besit en is dringend op soek na Namibiese dollar sodat hulle hul toer kan voortsit,” vertel Aguello.
“Hulle het vir hom ’n afskrif van my paspoort en identiteitsdokument gestuur. Gelukkig was dit my vriend en hy het, nadat hy met my kontak gemaak het, geen geld vir hulle gegee nie.”
Augello het onmiddellik ’n brief aan die Toer- en Safarivereniging (Tasa), die Namibiese Toerismeraad (NTB), die toergidsvereniging en die erekonsulaat van Italië gestuur waarin hy verduidelik dat mense sy paspoort, identiteitsdokument en naam vir skelmstreke gebruik.
“Ek het permanente verblyf en woon al 15 jaar in Namibië. Ek is ’n toergids en reisagent en besit my eie besigheid in Windhoek. Die afgelope drie jaar word my naam misbruik en mense val vir die skelms.”
Hy is op ’n WhatsApp-groep vir reisagente en gidse waar hy die boodskappe volg.
“Die mense is bedrywig en maak geld deur my naam te misbruik. Dan is hulle weer ’n ruk lank stil voordat hulle van voor af begin.”
Volgens hom bevorder hy Namibië in die buiteland deur middel van sy reisagentskap wat toeriste na die land lok.
“Ek is lief vir die land en wil hê mense moet Namibië besoek. Dié skend my naam en ek is besig met regstappe om dit stop te sit.”
SKELMSTREKE GAAN VOORT
Intussen het ‘n leser laat weet die “Italiaanse dokters” is nog nie klaar gespeel nie.
“Hulle het nou van 'dr. Augello' na 'dr. Antonio Rodriques' verander.”
Die skelms het op 21 Julie ‘n SMS aan die leser gestuur dat “dr. Antonio Rodriques” namens agt Italianers van Rome vier dubbelkamers wil bespreek.
“Rodriques is ’n Spaanse van en as hulle beweer hulle is Italianers van Rome, moet mense besef hulle is besig met skelmstreke,” het Aguello gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie