ITB: u2018Alles nie verloreu2019
ITB: u2018Alles nie verloreu2019

ITB: ‘Alles nie verlore’

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Namibiese toeroperateurs wat aan die pasafgestelde internasionale handelskou ITB Berlin 2020 sou deelneem, “red wat te redde is”.

Die skou is weens die potensiële gesondheidsrisiko afgestel wat die vinnige verspreiding van die coronavirus (covid-19) vir die sowat 150 000 besoekers en uitstallers sou inhou. Dit sou van 4 tot 8 Maart plaasvind.

Volgens die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN) se uitvoerende hoof, me. Gitta Paetzold, is van die operateurs reeds in Duitsland en gaan hulle die tyd aanwend om ander agentskappe te sien.

“Alles is darem nie verlore nie en hulle maak die beste van ’n slegte saak. Hulle red wat te redde is,” het Paetzold gesê.

Sy het erken daar is wel toeroperateurs wat die koste van onder meer gekanselleerde vlugte sal moet dra.

Die uitvoerende hoof van die Namibiese Toerismeraad (NTB), mnr. Digu //Naobeb, het vroeër gesê Namibië sou vir die 29ste agtereenvolgende jaar aan die handelskou deelneem.

Vanjaar sou die skou ook met die grootste aantal Namibiese uitstallers, naamlik 40 spog wat geregistreer het, wat 122 verblyfsgeriewe, 24 reisoperateurs en vyf motorverhuringsmaatskappye insluit.

Drie opkomende klein- en mediumgrootte ondernemings was ook deel van die Namibiese afvaardiging.

Intussen het verskeie lugrederye in Afrika hul vlugte na China opgeskort.

Madagaskar het sy enigste vlugte na die Chinese vasteland opgeskort, terwyl die land ook alle reisigers wat onlangs Iran, Italië of Suid-Korea besoek het, verbied om die land binne te kom.

Ook Egipte het alle vlugte na en van die Chinese vasteland opgeskort. Teen druktyd was daar net vyf covid 19-gevalle op die vasteland met sy minstens 1,3 miljard mense, terwyl 86 000 mense wêreldwyd reeds die virus opgedoen het.

Meer as 3 000 mense het reeds weens die virus gesterf.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!