ITB-handelskou gekanselleer
ITB-handelskou gekanselleer

ITB-handelskou gekanselleer

Die afstel van 'n internasio­nale toerismeskou gaan 'n groot impak op Namibië se toerismebedryf hê.
Die internasionale handel­skou, ITB Berlin 2020, is ná etlike dae van intensiewe samesprekings en ná verskeie uitstallers onttrek het, amptelik van die baan.

Dít weens die moontlike gesondheidsrisiko wat die vinnige verspreiding van die corona­virus (covid-19) vir die verwagte 150 000 besoekers en uitstallers kan inhou.

Die besluit is Vrydagaand deur die Duitse federale ministerie van gesondheid en die ­federale ministerie van ekonomie bevestig.

Volgens dr. Christian Göke, uitvoerende hoof van Messe Berlin GmbH, is ITB Berlin met meer as 10 000 uitstallers uit meer as 180 lande uiters belangrik vir die wêreld se toerismebedryf.

“Ons neem ons verantwoordelikheid vir die gesondheid en veiligheid van ons besoekers, uitstallers en werknemers baie ernstig op. Dit is met 'n swaar hart wat ons die kansellering van ITB Ber­lin 2020 moet aanvaar,” het hy gesê.

Die voorsitter van die toesighoudende raad van Messe Berlin, mnr. Wolf-Dieter Wolf, het gesê ITB Berlin en Messe Berlin was in die 54 jaar van die handelskou se geskiedenis nog nooit in so 'n situasie nie.

Intussen het die ­uitvoerende hoof van die Namibiese Toe­rismeraad (NTB), mnr. Digu ­­//Naobeb, sy spyt oor die jongste toedrag van sake uitgespreek.

“Die ITB sou aan die Namibiese toerismebedryf 'n wonderlike en professionele bemarkingsplatform bied om vir die 29ste agtereenvolgende jaar die land onder die vaandel van die Toerismeraad as reisbestemming te bemark,” het hy gesê. Hy het ook sy simpatie met mede- Namibiese uitstallers uitgespreek wat reuseverliese as gevolg van die kansellering van ITB 2020 gaan ly.

Die NTB het nog nooit vantevore soveel vennote as vir vanjaar se handelskou geregistreer nie, naamlik 40 uitstallers, wat 122 verblyfsgeriewe, 24 reisoperateurs en vyf motorverhuringsmaatskappye insluit, wat hul produkte van 4 tot 8 Maart vir Namibië sou bemark.

Drie opkomende klein- en ­mediumgrootte ondernemings was ook deel van die Namibiese afvaardiging. Air Namibia, Namibia Wildlife Resorts en Gondwana Collection Namibia het die NTB as strategiese vennote ondersteun.

Volgens //Naobeb bevestig die groot vraag na Namibië die ITB se rol as belangrike platform om onder meer nuwe markgeleent­hede te ontdek en mededingers se produkte te ontleed.

Hy het erken die kansellering van die handelskou gaan 'n impak op Namibië se toerismebedryf hê.

“In 'n tyd van krisis moet toerisme sy verantwoordelikheid as 'n integrale deel van 'n breër samelewing aanvaar. Die bedryf moet mense en hul welstand eerste stel. Die samewerking van die toerismebedryf is noodsaaklik om die verspreiding van die virus te stop en sodoende die impak daarvan op mense en gemeenskappe te beperk.”

Hy het gemaan toeriste het 'n verantwoordelikheid om hulself in te lig voordat hulle reis om die risiko van oordrag te beperk. Ook moet hulle die riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) en hul eie nasionale gesondheidsowerhede volg.

“Toerisme is kwesbaar vir die gevolge van noodgevalle in openbare gesondheid.”

Kommentaar

Republikein 2025-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° Currency: GBP to NAD 23.14 | EUR to NAD 19.3 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.54 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.38 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.9 | USD to EGP 50.27 | USD to KES 129.21 | USD to NGN 1496.41 | USD to ZAR 18.54 | USD to ZMW 28 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 86610.69 Up +0.18% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1755.71 Down -0.35% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16217.65 Down -0.18% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29735.59 Up +0.23% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10075.28 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 866.79/OZ UP +0.89% | Copper US$ 4.42/lb UP +1.98% | Zinc US$ 2 800.40/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 75.24/BBP DOWN -0.0188 | Platinum US$ 1 009.65/OZ UP +0.88% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.14 | EUR to NAD 19.3 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.54 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.38 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.9 | USD to EGP 50.27 | USD to KES 129.21 | USD to NGN 1496.41 | USD to ZAR 18.54 | USD to ZMW 28 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 86610.69 Up +0.18% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1755.71 Down -0.35% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16217.65 Down -0.18% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29735.59 Up +0.23% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10075.28 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 866.79/OZ UP +0.89% | Copper US$ 4.42/lb UP +1.98% | Zinc US$ 2 800.40/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 75.24/BBP DOWN -0.0188 | Platinum US$ 1 009.65/OZ UP +0.88%