Itula hou private seremonie
Denver Kisting – Terwyl pres. Hage Geingob Saterdag by Staatshuis ingehuldig is, het dr. Panduleni Itula, ’n vlaghysseremonie by sy huis in Katutura gehou.
Itula, wat verlede jaar as onafhanklike kandidaat in die presidensiële verkiesings teen Geingob gestaan het, is intussen sy Swapo-lidmaatskap kwyt.
Die regerende party se politburo het Donderdag besluit om hom uit die party te skop.
Me. Hilma Nicanor, Swapo se woordvoerder, het Vrydag op ’n nuuskonferensie in Windhoek gesê die politburo het ’n sentralekomiteevergadering belê waartydens dié besluit geneem is, wat onmiddellik van krag is.
Sy sê Itula was deurlopend bewus Geingob was die party se enigste amptelike presidensiële kandidaat nadat Swapo se gewone kongres hom tot die party se president verkies het.
Hy het ’n verantwoordelikheid gehad om hierby te hou selfs al het hy ’n ander mening, sê sy.
“Alle Swapo-partylede, insluitend hy, was onder ’n verpligting om ag te slaan op en gehoor te gee aan die besluite en opdragte van die meerderheid.”
Nicanor sê tydens Itula se verkiesingsveldtog het hy in sommige gevalle ’n verhoog met lede van opposisiepartye gedeel wat hulle verbind teen die belange van Swapo.
Dít het die indruk gewek hy skaar hom by hulle, sê sy.
“Hierdie gevolgtrekking word inderdaad gestaaf deur die feit dat sommige van daardie opposisiepartye dr. Panduleni Filemon Bango Itula se kandidatuur bekragtig het.”
Itula het selfs verskeie kere tydens sy veldtog Geingob en die party se integriteit aangeval, sê Nicanor.
Boonop, sê sy, het van die mense wat ’n verhoog met hom gedeel het uitdruklik gevra dat kiesers vir Itula moet stem en nie vir Geingob nie.
“Dr. Itula het aangehou om betrokke te wees by verskeie negatiewe bedrywighede teen Swapo op ’n manier wat nie strook met sy pligte as ’n lid nie.”
Dis duidelik Itula se gedrag het ten doel gehad om verdeeldheid te saai en eenheid binne die party in die wiele te ry, sê Nicanor.
Sy gedrag het ook die administrasie, dissipline en doeltreffendheid van Swapo benadeel, sê sy.
Itula het sy kans op ’n regverdige verhoor verbeur deur deurlopend te weier om korrespondensie van die party te ontvang, sê Nicanor.
Die besluit om hom uit die party te skop, is om enige verdere skade aan die party se belange te verhoed, sê die woordvoerder.
Swapo sal regstappe teen hom doen indien hy nie sy gedrag staak nie, het sy gewaarsku.
Ofskoon hy met onmiddellike effek nie meer deel van die party is nie, mag hy teen die besluit appelleer, het sy gesê.
Itula het nie by navraag lig gewerp op hoe hy beplan om op die jongste verwikkelinge te reageer nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie