Ivermektien se hoe en wat
Gesondheidslui wat ivermektien voorskryf, moet persoonlik verantwoordelikheid vir enige nadelige gevolge dra, volgens die NMRC.
Henriette Lamprecht – ’n Bepaling (18(5)) in die wet vir die beheer van medisyne en verwante middele maak voorsiening vir die tydelike samestelling (compounding) van ’n bestanddeel soos ivermektien deur goedgekeurde beroepslui met dien verstande dat alle rekords, ingesluit besonderhede van voorskrifte, besonderhede van pasiënte en dosisse van elke bestanddeel op voorskrif gehou word.
Die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) maan verskaffers van gesondheidsdienste by monde van die registrateur van medisyne, mnr. Johannes Gaeseb, die voorskryf van middele “moet binne die veiligheidsbeperkings van die middel bly” en dié wat dit voorskryf, “moet persoonlik verantwoordelikheid vir enige nadelige gevolge dra” wat kan spruit uit die behandeling deur gebruik van enige samestellingsmedikasie.
“Die publiek moet bewus daarvan wees die NMRC het geen manier om die veiligheid, doeltreffendheid en kwaliteit van enige samestellingsmedikasie te monitor nie,” het Gaeseb gesê.
Hy het beklemtoon die raad kan daarom nie verantwoordelik gehou word vir die gebruik van enige samestellingsmedikasie nie.
Gaeseb het gemaan die ongelisensieerde invoer, samestelling en vervaardiging van medisyne saam met die ongelisensieerde invoer van nie-goedgekeurde middele is onwettig.
Totdat nuwe bewyse beskikbaar is, het hy beklemtoon die NMRC staan by sy posisie om nie die gebruik van ivermektien vir die behandeling van Covid-19 voor te stel nie, omdat daar tans onvoldoende bewyse ter ondersteuning van dié doel beskikbaar is.
“Die raad sal voortgaan om ontluikende data te monitor soos dit gepubliseer word en kan sy posisie in oorlegging hiermee herevalueer.”
Hy het ’n beroep op die verskaffers van gesondheidsdienste gedoen om binne die riglyne van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se goedgekeurde behandelingsriglyne en voorkomende protokol te bly en wat immunisering teen Covid-19 insluit.
Tot op hede het die raad nog geen aansoek vir die gebruik van ivermektien-verwante medikasie ontvang nie en wat ondersteun word deur voldoende wetenskaplike bewyse vir die gebruik in die voorkoming en of behandeling van Covid-19.
Die Mediese Vereniging van Namibië (MAN) het by monde van dr. Armid Azadeh gesê die vereniging is ’n lid van die Wêreld Mediese Vereniging (WMA) wat weer aan die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) verbind is.
“Tans stel die WHO nie ivermektien voor vir roetinebehandeling of voorkoming van Covid-19 nie. MAN skaar homself dus by bogenoemde instellings en ondersteun ook ons eie ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, ongeag ons persoonlike gevoelens,” het Azadeh gesê.
As MAN-verteenwoordiger dien hy op beide die Namibiese Nasionale Covid-19-taakspan sowel as die Covid-19-entstof-taakspan en is daarom in “konstante gesprekke met ons dokters en WHO/CDC-raadgewers met betrekking tot die empiriese bewysbasis vir alle behandelingsmodaliteite en wat van remdesivir tot deksametasoon tot ivermektien insluit”.
“Uiteindelik is daar karige en dikwels teenstrydige bewyse vir die meeste opsies in hierdie stadium. Ons as behandelende dokters moet dikwels ons eie ingeligte besluite van behandelingsprotokol met baie voorskrifte vir gebruik buite die etiket (off-label) maak. Daarin lê die verantwoordelikheid van ons professie waar ons as dokers na die beste belang van ons pasiënte moet omsien en met ingeligte toestemming kyk na die arsenaal opsies wat ons tot ons beskikking het,” het Azadeh gesê.
Mnr. Uli Ritter van die Aptekersvereniging van Namibië (PSN) sê sy betrokke apteke het reeds vir die afgelope 15 jaar medikasie volgens kliniese toestande en voorskrifte van dokters saamgestel.
“Ons volg die presiese patroon met ivermektien, dis wettig gemaak en voorsien volgens voorskrif, dit is 100% wettig,” het Ritter gesê.
Hy het beklemtoon die samestelling word volgens reëls en regulasies gedoen en word steeds deur die twee apteke gedoen waarby hy betrokke is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie