Ivermektien teen Covid nie aanbeveel
Ivermektien teen Covid nie aanbeveel

Ivermektien teen Covid nie aanbeveel

Die Namibiese Medisynebeheerraad het ontluikende wetenskaplike data ontleed om die gebruik van ivermektien in die bestuur van Covid te evalueer.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Hoewel dit voortydig kan wees om “absoluut te verklaar” dat Ivermektien geen plek in die behandeling teen Covid-19 het nie, word dit, gebaseer op die basis van huidige bewyse, nie in hierdie stadium aanbeveel nie.

Volgens die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) het die raad sedert die openbare kennisgewing oor die medikasie wat op 25 Januarie vanjaar uitgereik is, voortgegaan om ontluikende wetenskaplike data te ontleed om die gebruik van Ivermektien in die bestuur van Covid te evalueer.

Volgens die registrateur, mnr. Johannes Gaeseb, het die raad ook onafhanklike kundiges in die verwante velde – beide plaaslik en internasionaal – betrek.

Gaeseb sê die raad volstaan by die feit dat beskikbare data nie die gebruik van Ivermektien vir Covid-19 buite goed-ontwerpte kliniese proewe ondersteun nie.

“Beskikbare studies het beperkings in die sin dat dit onvoldoende gedryf is, verskillende dosisse en verskeie gepaardgaande medikasie gebruik het wat die doeltreffendheid en veiligheid van Ivermektien verwar,” het Gaeseb gesê.

Daarom kan geen duidelike gevolgtrekking gemaak word oor die kliniese doeltreffendheid en veiligheid van Ivermektien in die behandeling van Covid-19 nie, sê Gaeseb.

Hoewel die veiligheidsprofiel van die medikasie as “goed” bestempel word, is dit volgens hom belangrik om te besef dit is relatief tot die dosis en toestande in die bevolking waarin dit bestudeer is.

“In dié geval is die vasgestelde veiligheidsprofiel van Ivermektien in mense met dosisse wat gebruik is in bevolkings wat behandel is vir die verskeie tropiese siektes, luise en skurfsiekte.”

Gebruik buite die etiket (off-label use) verwys ook na die gebruik van ’n geregistreerde produk wat nie gedek is in terme van sy goedkeuring vir bemarking nie en is volgens Gaeseb daarom nie in oorleg met die produkinligting nie.

“Aangesien ’n Ivermektien-formulering vir menslike gebruik nog nie geregistreer is of toestemming vir noodgebruik in Namibië ontvang het nie, kan die gebruik daarvan nie as nie as gebruik buite die etiket oorweeg word nie,” het Gaeseb gesê. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!