Ivoorkus se premier sterf in Duitsland
Ivoorkus se premier sterf in Duitsland

Ivoorkus se premier sterf in Duitsland

Francoise Steynberg
Hamed Bakayoko, die premier van die Ivoorkus wat moontlik die volgende president in dié land sou word, is twee dae ná sy 56ste verjaardag in Duitsland aan kanker dood.


Bakayoko, wat pres. Alassane Ouattara moontlik as president sou kon opvolg, is in Freiburg in die suidweste van Duitsland dood, het die Ivoorkus se regering Woensdag bekend gemaak.

“Hy was ’n goeie staatsman, ’n voorbeeld vir ons jeug en het ’n vrygewige gesindheid en uitmuntende lojaliteit gehad,” het Ouattara op Twitter gesê.

Bakayoko is in Julie 2020 as die premier aangewys nadat premier Amadou Gon Coulibaly skielik dood is.

Hy het eers in die media gewerk voordat hy die politieke arena betree het. Hy het in die jare 2000 as bemiddelaar in die onderhandelings tussen faksies in ’n uitgerekte burgerlike konflik in die land opgetree.

Hy is op 18 Februarie na Frankryk vir mediese ondersoeke, waarna hy na Freiburg oorgeplaas is.

Volgens die Ivoorkus se regering het Ouattara verlede week met Bakayoko vergader toe hy Frankryk besoek het en toe gesê dit blyk dat hy langer in die hospitaal sal moet bly. – Netwerk24/Reuters

Foto Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!