'Ivoorsmokkelaars' vry op borg van N$10 000
Drie mans wat Vrydagaand naby Mukwe glo met nege olifanttande vasgetrek is, is Maandag op borgtog van N$10 000 elk vrygelaat.
Mnre. Sipapo Mayira (32), Muyota Thindimba (42) en Mukavho Sedrick (33) is Vrydag omstreeks 23:00 in die Shahani-nedersetting in die Mukwe-distrik in die Kavango-Oosstreek tydens 'n polisieklopjag in hegtenis geneem.
Hulle het Maandag in die landdroshof op Rundu op 'n klag van die onwettige besit van spesiaal beskermde wildprodukte verskyn.
Landdros Sonia Samupofu het borgtog van N$10 000 elk aan die trio toegestaan.
Die beskuldigdes het aangedui dat hulle hul eie verteenwoordiging sal behartig. Die saak is tot 17 Maart vir verdere polisieondersoek uitgestel.
Aanklaer Variety Matamata het vir die staat verskyn.
Foto ter illustrasie argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie