Iyambo eindig sterk in Kaapstad-marathon
Helalia Johannes se byeenkomsrekord van laas jaar het Sondag in die slag gebly.
Paulus Iyambo, met 'n 15de posisie, het Sondag die beste gevaar van die Namibiese atlete wat aan die Sanlam Kaapstad-marathon gaan deelneem het.
Iyambo het in twee ure 17 minute 19 sekondes klaargemaak.
Soos verwag het Keniaanse langasems sake oorheers, met die 36-jarige Edwin Koech wat in byna perfekte toestande in 2:09:20 gewen het.
Nog drie Namibiese mans het in die topvyftig klaargemaak, naamlik Uveni-Nawa Kugongelwa (twintigste in 2:18:29), Pinehas Embashu (36ste in 2:26:13) en Mynhardt Kauanivi (44ste).
Kauanivi, 'n Olimpiese atleet vier jaar gelede in Rio de Janeiro, se bruto tyd van 2:28:30 is met bykans drie minute aangepas tot 2:25:35 om in aanmerking te neem dat hy in wegspringgroep G baie ver agter die voorlopers begin het.
Die organiseerders het vooraf gespog oor die sterk groep vroue-atlete en dié het nie teleurgestel nie.
Die 23-jarige Keniaan Celestine Chepchirchir se wentyd van 2:26:44 was byna drie minute vinniger as die byeenkomsrekord van 2:29:28, wat Helalia Johannes van Namibië verlede jaar opgestel het. Die Ethiopiërs wat tweede en derde was, het ook Johannes se rekordtyd oortref.
Benewens die wenprys van R265 000 het Chepchirchir ook die bonus van R100 000 ingepalm vir die rekord wat sy opgestel het.
Johannes was die afgelope naweek nie in Kaapstad teenwoordig nie, vanweë haar fokus op voorbereiding vir die marathonwedloop by die IAAF wêreldkampioenskap in Doha, Katar op 29 September.
Haar landgenoot Beata Naigambo het nie die marathon-afstand van 42 km voltooi nie. Sy het wel die halfmarathon-merk ná een uur 16 minute 16 dekondes bereik.
Die afrigter van die nasionale elite padwedloopgroep, Robert Kaxuxuena, het al die Namibiese deelnemers gelukgewens, en in besonder vir Iyambo en Kuugongelwa met hul goeie eindposisies.
“Ek dink Namibië beweeg in die regte rigting wanneer dit by langafstande en deelname op internasionale vlak kom. Uiteraard is daar meer wat ons kan doen, maar in die geheel is ek tevrede,” het hy gesê.
Kaxuxuena en sy twee langasems Helalia Johannes en Rainhold Tomas vertrek vroeg volgende week na Katar.
Volgens die afrigter is dit vir die atlete 'n groot aanpassing dat die IAAF wêreldkampioenskap se marathonwedloop vanweë die hitte in Doha om middernag sal wegspring. “Jou liggaam is gewoond om dan te slaap. Ons moet dus ons program aanpas met 'n paar oefensessies so laatnag.”
SANLAM BORG GROEP
Sanlam Namibië het amptelik 16 deelnemers na laas naweek se Sanlam Kaapstad Marathon gestuur.
Die byeenkoms is Afrika se enigste marathon met IAAF goue status. Met 'n wêreldklas veld van elite atlete en meer as 13 000 deelnemers vanoor die wêreld, is dit een van die mees gesogte marathons in Afrika.
Die wenner van die Sanlam Kusmarathon in 2018 en 2019, Mynhardt Kauanivi, het as deel van sy wenprys 'n outomatiese deelname aan die Sanlam Kaapstad-marathon beklink.
Die elite hardlopers het voor hul vertrek na die Wes-Kaap gesê hulle werk hard om vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokio, Japan, te kwalifiseer.
In 'n strewe om die marathon plaaslik te bevorder, het Sanlam kompetisies op verskillende platforms aangebied waar deelnemers 'n ten volle betaalde reis na Kaapstad kon wen om die Sanlam Kaapstad-marathon as toeskouers óf deelnemers by te woon.
Hilaria Graig, Sanlam se bemarkings- en kommunikasiebestuurder, het gesê: “Die doel van die verskillende kompetisies wat ons aangebied het, was om die Sanlam Kaapstad-marathon onder die algemene Namibiese publiek te bevorder.”
Graig sê sy was baie tevrede en vol vertroue dat Namibiërs deur middel van die kompetisie meer oor die marathon kon leer en dit het tot die getal deelnemers uit Namibië bygedra.
Die 18 mense wat deur Sanlam Namibië gestuur is, sluit in personeellede, atletiekklublede, wenners van die Sanlam Kusmarathon asook lede van die publiek wat aan verskillende kompetisies deelgeneem het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie