Ja, daar ís luiperds in Windhoek se berge
Ronelle Rademeyer – Die bekende wildveearts dr. Ulf Tubbesing sê daar kom “’n hele paar” luiperds in die berge om Windhoek voor.
Die groot luiperd wat vroeër die week op ’n rots aan die buitewyke van Ludwigsdorf afgeneem is, is volgens hom nie ongewoon nie.
Dit is gister beaam deur die kultuurhistorikus, dr. Andreas Vogt. “Die mens het sy intrek in die luiperds se habitat geneem. Dis nie ’n geval dat hulle nou meteens tussen mense kom woon het nie.”
Vogt het aan Republikein ’n foto gestuur van ’n luiperdjag in 1904 in die Klein-Windhoek-omgewing wat deur ene F. Lange geneem is.
“Ek het die plek gaan soek waar die foto geneem is, en dit gevind,” vertel hy. Dit is teen ’n hang van die Auasberge in die poort tussen Avis en Klein-Windhoek. Dit kan gesien word links van die pad as ’n mens van Avis af inry stad toe, nie ver van die eerste stel verkeersligte af nie.
Hy vertel hy het ook onlangs op ’n staptog in die gebied afgekom op ’n dooie bobbejaantjie waarvan die pens weggevreet is. “Ek vermoed dit was die werk van ’n luiperd.”
Greenspace, wat die Avisdam-gebied bestuur, het in ’n kennisgewing aan sy lede vir Tubbesing aangehaal wat sê luiperds is skugter diere wat snags om die stad beweeg.
“Hulle sal nie mense of groter honde aanval tensy hulle ernstig bedreig word, nie,” sê Tubbesing. “As kleiner honde, wat agressief is, te naby kom, kan hulle beseer word,” waarsku Tubbesing.
Volgens hom sal dit baie moeilik wees om ’n luiperd met ’n verdowingspyl te skiet aangesien ’n mens binne 40 m van hom af moet kom. Wanneer dit gebeur en die luiperd voel bedreig, kan hy agressief raak.
Die enigste manier om hierdie diere te vang en elders te vestig, is om dit met vleis na ’n vanghok te lok.
Tubbesing sê egter luiperds het nog altyd aan die buitewyke van Windhoek gewoon. Dit is hulle natuurlike habitat – bedags rus hulle in bome of grotte en snags jag hulle.
Hy meen ook hulle hou die bobbejaangetalle onder beheer.
– [email protected]
FOTO’s
Dr. Andreas Vogt het die presiese plek gaan soek waar die 1904-foto geneem is, en dit gevind.
Dié luiperd is in 1904 in the poort tussen Avis en Klein-Windhoek gejag. Die foto is deur F. Lange geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie