Ja, ’n onwettige sigaret is SA se topverkoper
’n Geleidelike toename in bedryfsonvermoë in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het daartoe gelei dat ’n onwettige sigaret-handelsnaam die grootste verkoper in die land geword het.
Die Tabakinstituut van Suid-Afrika (Tisa) het aan Fin24 gesê ’n peiling wat die marknavorser Ipsos vir Tisa gedoen het, wys dis makliker vir onwettige sigarette om hul weg na klein- en groothandelaars se rakke te vind as wat aanvanklik gevrees is.
Getuienis is voor die Nugent-kommissie van ondersoek na die SAID gelewer dat daar uit die hoogste gesag opdrag gegee is dat ondersoeke na onwettige tabakhandel tydelik uitgestel moes word.
Luidens die Ipsos-verslag is daar vanjaar minstens 8 miljard onwettige sigarette in die Suid-Afrikaanse mark, “wat beteken die SAID sal minstens R8 miljard verloor in 2018”. Dit sluit die “sondebelasting” op sigarette sowel as ander belastings, soos BTW, in.
“Dit is 14% van die owerheid se begrotingstekort van sowat R50 miljard.”
Volgens Ipsos is Gold Leaf Tobacco se RG-handelsnaam nou die voorste sigaret-handelsnaam in die mark en het hy “alle wettige handelsname verbygesteek”.
RG-SIGARETTE
Elke pak sigarette wat in Suid-Afrika verkoop word, is onderhewig aan belasting van R17,85. Vir sy navorsing het Ipsos sy definisie van “onwettige sigarette” vereenvoudig deur te fokus op handelsname wat teen minder as dié bedrag verkoop word.
Ipsos het bevind RG-sigarette word gemiddeld teen slegs R10 per pak verkoop.
“Gold Leaf Tobacco verteenwoordig nou 73% van die mark vir onwettige sigarette. Hy is sterk op pad om op grond van verkoopsvolumes die grootste tabakmaatskappy in die land te word, veral as die belasting op sigarette in die Februarie 2019-begroting verhoog word,” lui Ipsos se verslag.
François van der Merwe, voorsitter van Tisa, sê die regering moet mooi dink oor verdere belastingverhogings op sigarette omdat dit wettige vervaardigers uit die mark sal stoot.
“Onder hierdie omstandighede sal ’n verdere belastingverhoging verraad wees teen die 12 000 werkers in die wettige tabakbedryf,” sê Van der Merwe.
Ipsos sê in sy verslag die Nugent-kommissie het bevind diegene wat in onwettige kommoditeite, soos tabak, handel dryf, kan dit bykans ongestoord doen. “Die Ipsos-verslag bereken die koste van hierdie owerheidsmislukking.” – Netwerk24/Fin24, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie