Jaagduiwels sluit goeie jaar af

Die jaareindfunksie was ’n viering van die bestes op twee of vier wiele in die land.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die Namibiese Motorsportfederasie (NMSF) en Windhoek-motorklub (WMK) het onlangs hul prysuitdeling vir die 2019-seisoen by die Wanderers-sportklub in Pionierspark gehou.

Verskeie jaagdissiplines is by die NMSF geaffilieer, insluitend langbaanrenne asook renstelkompetisies wat deur WMK by die Tony Rust-renbaan wes van die hoofstad aangebied word; motocross by die Gallina-baan by Brakwater, Gobabis en Swakopmund; asook versnelrenne by Tony Rust.

Laaste maar nie die minste nie is die tydrenne wat deur WMK, Gobabis-motorklub, Walvisbaai-motorklub en Tsumeb-motorklub aangebied word, asook ovaalbaanrenne wat hoofsaaklik op grondbane buite die hoofstad beslis word.

Ná ’n opwindende jaar kon talle presteerders in verskeie dissiplines die vrugte van hul arbeid pluk. Toppresteerders van langbaanrenne by die Tony Rust-renbaan kom nie net van Windhoek nie, maar ook van Walvisbaai.

Die bekende Allan Martin en sy seun Zachary het in die langbaankompetisies asook in tydrenne die pap dik aangemaak. Martin senior oorheers dié kode om as algehele nasionale langbaankampioen bekroon te word en raap ook die Clubmans klas B-afdeling op, terwyl Gareth Fourie klasse D, E en F inpalm.

Die manne wat die tydrentoneel oorheers, is van Gobabis met Jaco Redelinghuys en Dries Booysen, sy gewese navigator. Redelinghuys is die S4-kampioen asook algehele Namibiese tydrenkampioen vir 2019. Redelinghuys kon weens onvoorsiene omstandighede nie aan die 2019 Total Tara-tydren deelneem nie. Die Tara is deel van die Namibiese nasionale kampioenskapsreeks, maar selfs daarsonder het dié blits van Omaheke steeds daarin geslaag om die nasionale titel in te palm.

Martin senior, wat laat in die 2019-renseisoen met sy blitsige 4x4 Skoda Fabia R5 begin jaag het, eindig tweede in die S4-klas en tweede algeheel, voor Wilro Dippenaar in die derde posisie. Martin was vanjaar egter vir die eerste keer baas in die gesogte en moordende Tara wat oor drie dae vanaf Swakopmund, via Usakos, Karibib en Okahandja na Windhoek beslis is.

Mark Sternagel, wat op sy KTM nie sy gelyke in Namibië het nie, oorheers die top-MX 1-afdeling. Sternagel sal vanjaar vir die plaaslike toneel verlore wees. Hy vertrek binnekort na Nederland waar hy in die Europese kampioenskapsreek gaan meeding. Met Sternagel afwesig, kan Jaco Loots en Björn Bierbrauer vanjaar mekaar vir die toplouere jaag.

Die eerste been van die nasionale tydrenkampioenskap skop op Saterdag 15 Februarie om 09:00 in Gobabis by die Omateko Lodge weg. Plaaslike jaers soos Redelinghuys (S4), Welmie Kühn (S1), Stefan Labuschagne, Niekie Swart en Bertie Smit (almal OR) sal opnuut die enjins voor hul plaaslike ondersteuners wil laat brul.

Die voorlopige inskrywings sover is: Allan Martin, Zachary Martin, Jaco Redelinghuys, Issai Nhinda, Wilro Dippenaar en Ruan Viviers (almal S3/S4); Pieter Greeff, Welmie Kühn (S1); Louis Oosthuizen (klas onbekend); Stefan Labuschagne, Bertie Smit, Jacques Kruger, Wido Bartch, Gert Liebenberg, Dirk Redman, Rolf Pretorius en Niekie Swart (almal OR).

Richard Slamet se Subaru (S4) kort nog ’n turbo en Hanré Myburgh se S2 VW Polo sal ná sy rolslag met die 2019 Tara nog nie klaar herbou wees nie. Jan Everson (S2) sal vir ’n onbepaalde tydperk nie aan tydrenne deelneem nie.

Die voorste uitslae van die 2019-toekennings:

Langbaan

Klas B: 1 Allan Martin, 2 Zachary Martin, 3 Michel Rust.

Klas D: 1 Richie Slamet, 2 Michael Strydom.

Klas E: 1 Jaco Nel, 2 Clive Strydom, 3 Charlton Morkel.

Klas F: 1 Gareth Fourie, 2 Matthew Strydom, 3 André Havenga.

Algeheel klas A, B- en C: 1 Allan Martin.

Klas D, E- en F: 1 Gareth Fourie.

Tydrenne

S1-bestuurders: 1 Pieter Greeff, 2 Etienne van der Heever, 3 Welmie Kühn.

S1-navogators: 1 Willem van Wyk, 2 René van Wyk, 3 Michael Strydom.

S2: Handré Myburgh, 2 Jan Everson, 3 Tinus Malan.

S2-navigators: 1 Fanie Botes.

S3: 1 Jaco Redelinghuys, 2 Zachary Martin.

S3-navigators: 1 Dries Booysen. S4: 1 Allan Martin, 2 Wilro Dippenaar, 3 Jaco Redelinghuys.

S4-navigators: 1 Riaan van der Westhuizen, 2 D. Booysen, 3 Tinus Malan.

Algeheel: 1 J. Redelinghuys, 2 A. Martin, 3 P. Greeff.

Navigators: 1 D. Booysen, 2 R. van der Westhuizen, 3 R. Van Wyk.

Renstelle

Max Terino: 1 Jadyn van Zyl, 2 Jaydrique Rhodes, 3 Michael Fourie.

Junior Max: 1 Guido Bidoli, 2 Christiaan Liebenberg junior, 3 Lo-André Bruwer.

Senior Max: 1 Ivan Vorster, 2 Gerhard Breed.

Meesters: 1 Jörg Goldbeck, 2 Gareth Fourie.

Ovaalbaan

Viersilinders (8 kleppe): 1 Jaco Coetser, 2 Terence Knowles, 3 Eugene Swart.

Viersilinders (16 kleppe): 1 Frank Borusso, 2 Shaeen Emamdien, 3 Shaquille Emamdien.

Ses- en agtsilinders: 1 Richard Owen, 2 Michael Behnke, 3 Vernon Knowles.

Kwads: 1 Mario Theron, 2 Brandon Bothelo, 3 Michael Behnke.

Versnelrenne

Klas C (karre): 1 Vernon Knowles, 2 Zachary Martin.

Klas F: 1 Keith Hammerslag, 2 Deon Diergaardt, 3 Terence Knowles.

Bandit-kampioen: Michael van Zyl.

Motorfietse, klas A: 1 McAllen Husselmann, 2 Nadeem Husselmann, 3 Ruben Husselmann.

Motorfietse, klas B: 1 Ruben Husselmann, 2 Nadeem Husselmann. 3 Faghree Husselman.

Bandit-kampioen: Nadeem Husselmann.

Motocross

MX 1: 1 Mark Sternagel, 2 Björn Bierbrauer, 3 Jaco Loots.

MX 2: 1 Arno Engels, 2 Stephan Maischatz, 3 Sigi Pack.

MX 125: 1 Herbert de Klerk, 2 Geena Sadlowski, 3 Lian Gilchrist.

MX Lites: 1 Mark Louwings, 2 Anton Myburgh, 3 Dylan Hilfiker.

MX 65: 1 André Barnard.

MX 50: 1 Dylan Coetzer, 2 Divan du Plessis, 3 Jan Willem Bronkhorst.

Kwads (mans): 1 JL Opperman; (vroue) 1 Maike Bochert, 2 Celene Adams.

• Die Namibiese nasionale MX-kampioenskap spring môreoggend om 11:30 by die Gallina-motocrossbaan by Brakwater weg. Hekke open om 08:00 en die eerste oefenrondtes begin teen 08:30. Verversings is vanaf tienuur by die kiosk te koop.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!