Jaar met goeie kamp afgeskop
Atletiek
'n Stewige getal van 210 atlete en afrigters het aan die 25ste QSB afrigtingskliniek en oefenkamp deelgeneem wat jaarliks die begin van die atletiekjaar afskop.
Die opkoms was inderdaad bemoedigend vir so vroeg in die jaar, het die hooforganiseerder me. Leoni van Rensburg gesê. Die droom wat wyle Quinton-Steele Botes in 19992 met 'n groepie van 25 afrigters en atlete begin het, leef voort danksy die insette van organiseerders soos Van Rensburg en andere.
Jarelange borge soos Marathon Sugar, Avis Car Rental, Coca-Cola en Dunlop Tyres 2000 word verder ondersteun deur ruim bydraes van partye soos Food Lovers Market, Caterserve, Bank Windhoek, Hyundai, OTB, Arebbusch Travel Lodge, ReMax Dynamic, Safety Kit, Waltons Stationary, Woodlands Dairy, Pro Distribution Consultants, Olympia drankwinkel, Engen Academia en Nam-Organic.
Danksy hul steun kon bekwame instrukteurs uit Suid-Afrika ingebring word om die plaaslike insette van afrigting te versterk. Atlete en afrigters van dwarsoor die land, hetsy skoliere of seniors, kon aan hul tegniek en oefenmetodes slyp en doelwitte vir die jaar stel.
Die QSB oefenkamp se hoofafrigters kon almal met jare se ondervinding en die afrigting van presterende atlete in die onderskeie dissiplines spog. Die ses hoofafrigters was Jonathan Greyvenstein (hoogspring), Charley Strohmenger (naellope), Linly de Beer (diskusgooi, hamergooi en gewigstoot), Hannes van Holtz (spiesgooi), Roger Haitengi (verspring en driesprong) wat self 'n gewese Afrika-medaljewenner is, en Ian Schoonwinkel (gewese SA hekkieskampioen).
Die ondersteunende afrigters was ook geen groentjies nie en het die ondervinding van Lucky Gerson Gawanab, Leoni van Rensburg, Chantelle van den Berg, Henk Botha, Satrick Bampton, Wilhelm Rademeyer, Antoinette Nel, Norah Schultz, Naklai Tangeni, Robert Wheal en Christoff Swart ingesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie