Jaar nu00e1 Khashoggi se moord nog geen vervolgings
Jaar nu00e1 Khashoggi se moord nog geen vervolgings

Jaar ná Khashoggi se moord nog geen vervolgings

Vryheid van spraak en die vervolging van joernaliste is vandag, een jaar ná die moord op Jamal Khashoggi, opnuut onder die soeklig.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Terwyl persvryheidsorganisasies en menseregtegroepe môre voor die Saoedi-Arabiese ambassade in Washington, Amerika, ‘n nagwaak gaan hou ter herinnering aan die vermoorde joernalis Jamal Khashoggi, kom sy kollega en vriendin, Safa al-Ahmad, vandag in Namibië aan.

Sy land hier presies ‘n jaar nadat hy in die Saoedi-Arabiese konsulaat in Istanboel vermoor is vir sy uitgesprokenheid teen vergrype in dié Midde-Oosterse land.

Al-Ahmad, ‘n bekroonde ondersoekende joernalis en filmmaker, is môreaand die gasspreker by die Redakteursforum van Namibië (EFN) se toekenningsaand vir topjoernalistiek in die land. Sy het onder meer twee Emmy-toekennings ingepalm vir haar dokkies oor die toestande in Jemen.

Al-Ahmad het in Junie vanjaar in Skotland die Wêreldvereniging van Koerante en Nuusuitgewers (Wan-Ifra) se Goue Pen van Vryheid-toekenning namens Khashoggi ontvang toe dit postuum aan hom toegeken is.

“Khashoggi was ’n dapper fakkeldraer vir vryheid van spraak, en dit het hom sy lewe gekos. Hy het ondanks groot persoonlike opoffering sy reg op vryheid van spraak onwrikbaar deur middel van gehaltejoernalistiek uitgeoefen,” het mnr. Dave Callaway, president van die Wêreldredakteursforum, by daardie geleentheid gesê.

Die Verenigde Nasies se spesiale verslaggewer oor buitegeregtelike, summiere of arbitrêre teregstellings, me. Agnes Callamard, het vroeër bevind daar is grondige bewyse om hoëvlak- Saoedi-Arabiese regeringslui, onder wie kroonprins Mohammad bin Salman, verder vir sy moord te ondersoek. Niemand is tot nou toe aangekla en vervolg nie.

Namibiërs wat belang stel om die dinee by te woon waar Al-Ahmad aan die woord gaan wees, kan nog tot 12:00 kaartjies koop by www.webtickets.com.na

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!