Jaaroorsig 2016: April – Junie
Vyf mense, een van hulle 'n polisieman, word in Walvisbaai beseer tydens 'n opstand deur inwoners wat grond eis waarop hulle huise kan oprig. Die geskil spruit uit 'n uitsettingsbevel teen sowat 65 onwettige plakkers wat op grond woon waar 'n nuwe polisiekantoor opgerig moet word.
Rooi verf, wat die bloedvergieting tydens koloniale oorloë in die land moet uitbeeld, word op 'n ou Duitse monument vir seesoldate in Swakopmund uitgegooi.
Pres. Hage Geingob stippel tydens sy staatsrede op 5 April 2016 spesifieke doelwitte uit van die regering se nuwe Harambee-voorspoedplan.
Namibië was volgens die Stockholm International Peace Research Institute (Sipri) wêreldwyd die land wat militêre besteding vanaf 2006 tot 2015 met die agste grootste persentasie vermeerder het. Die sewe lande vóór Namibië op hierdie lys, is Irak, Gambië, Kongo, Argentinië, Ghana, Libië en Algerië.
Mnr. Lambert Roux, 'n bekende helikoptervlieënier, sterf tydens 'n vliegongeluk in die Auasberge. Tydens 'n operasie om die wrakstukke later in April te verwyder, val nóg 'n helikopter naby dieselfde plek in Molteblick. Hierdie ongeluk eis die lewe van mnr. Erastus Tobias.
Rentekoerse in die land bereik die hoogste vlak sedert September 2010.
'n Verslag oor 'n vliegongeluk in die Bwabwata Nasionale Park in November 2013 bevind dat die vlieënier van dié Mosambiekse straler persoonlike probleme ervaar het en sy medevlieënier uit die kajuit gesluit het voordat die vliegtuig grondwaarts gerig is. Al 33 mense in die vliegtuig het gesterf.
'n Japannese TV-span word kortstondig aangehou by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, na bewering omdat die regering ontevrede was oor hul spioenering op die perseel waar 'n Noord-Koreaanse kontrakteur 'n nuwe militêre hoofkwartier vir Namibië in Windhoek bou. Hul rekenaars en kameras word gekonfiskeer.
Byna die hele Namibië is op 18 April tydelik sonder elektrisiteit toe 'n stroombreker by die Ruacana-hidroskema onklaar raak. Dieselfde gebeur op 28 Junie weens 'n onderbreking in toevoer deur die Kokerboom-transmissielyn in die Suide.
Die hoërhof bevind dat Swapo onwettiglik vier van sy uitgesproke Jeugliga-lede uit die regerende party geskors het. Dr. Elijah Ngurare, mnre. Job Amupanda, Dimbulukeni Nauyoma en George Kambala en ondersteuners vier groot fees in die hof. Laasgenoemde drie is aanvoerders van die Regstellende Herposisionerings-beweging, bekend as AR.
Die Namibië Wildeperde-stigting doen 'n beroep op die land om te help om Namibië se ikoniese wildeperde naby Aus te red. Die droogte het tot die dood van meer as 100 wildeperde gelei.
Dit verhef landwyd opspraak toe die polisie op 2 Mei tydens 'n betoging oor grond op Rehoboth met rubberkoeëls op ontevredenes en omstanders losbrand.
Namibië herdenk op 3 Mei 'n kwarteeu sedert die aanvaarding van die Windhoek-verklaring oor persvryheid in 1991.
Die hof vonnis Edwin Tourob tot 53 jaar se gevangenisstraf vir 'n rooftog op 'n bejaarde egpaar van Uis in Oktober 2010. Die paartjie is wreed aangerand en die vrou herhaaldelik verkrag. Charles Namiseb, sy medebeskuldigde, is steeds op vrye voet nadat hy ontsnap het.
'n Deurbraak-ooreenkoms word tussen die regering en De Beers behaal wat Namibië in staat sal stel om meer en beter diamante plaaslik te verwerk.
Ongwediva word tydens die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) as Namibia Media Holdings se eerste dorp van die jaar aangewys. Nkasa Lupala Tented Lodge en Tourvest/Sense of Africa word vir verantwoordelike toerisme beloon. Hentiesbaai wen in Mei ook Kwêla en kykNET se Dorp van die Jaar-kompetisie.
Vyf mense sterf op Sondag 29 Mei in 'n kop-teen-kop-botsing tussen Usakos en Arandis. Ander groot ongelukke in Junie eis onderskeidelik vier (tussen Windhoek en Okahandja), ses (naby Outapi) en nog vyf lewens (tussen Kamanjab en Ruacana).
Die Namibië Toerismeraad (NTB) word die opdrag gegee om regstappe te doen teen mnr. Ernest Adjovi om N$23,5 miljoen te herwin wat bygedra is tot die Kora-musiektoekennings vir Afrika wat nooit soos belowe op 20 Maart in Windhoek plaasgevind het nie.
Voormalige werknemers van die Rössing-uraanmyn slaag in die hof met 'n aansoek teen die wyse waarop surplus pensioenfondse ter waarde van N$450 miljoen herverdeel is.
'n Meesterplan om voortgesette en herhalende waterkrisisse in Namibië die hoof te bied, sal in totaal N$24 miljard kos, waarvan N$122 miljoen dadelik benodig word.
Die woestynleeu Harry, vernoem na die Engelse prins, word in die Kunenestreek doodgeskiet.
Meer as 1 500 mense neem op 16 Junie deel aan die AR-beweging se betoging teen 'n nuwe parlementsgebou. 'n Kabinetskomitee roep voor dit halt met die oprigtingsproses.
Mnr. Hans-Jörg Möller, 'n bekende in toerismekringe bekend, word op 17 Junie deur rowers in sy gesin se huis op Walvisbaai doodgeskiet.
'n Noodtoestand word op 29 Junie weens die droogte afgekondig.
Die regering erken bande met die Noord-Koreaanse maatskappye MOP en Komid en gee tydens 'n hoë besoek aan Pjongjang glo kennis dat hy weens internasionale druk en dreigemente van sanksies eers kontrakte met hierdie ondernemings sal opskort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie