Jaaroorsig 2016: Julie – September
Die koste van munisipale dienste in Windhoek verhoog met gemiddeld 14%.
Stimulus Investments koop Media24 se 50% aandeel in Namibia Media Holdings (NMH). Met die Mededingendheidskommissie se goedkeuring van die transaksie is die koerantgroep nou weer volledig in Namibiese hande.
Namibië verloor 'n groot en geliefde seun met die heengaan van koormeester Ernst van Biljon (72). Nog 'n bekende in koorkringe, me. Ena Venter (84), sterf op 5 Augustus.
'n Kwart van Namibiërs ervaar weens die droogte 'n dringende tekort aan voedsel.
Omgewingsbelasting tree die eerste keer in die land in werking.
Die polisie se lykhuis in Windhoek moet 184 liggame huisves terwyl dit net plek vir 24 het.
Duitsland se spesiale gesant in die volksmoordonderhandelinge, mnr. Ruprecht Polenz, sê weereens dat vergoeding aan nasate van die Ovaherero en Nama nie kontant sal behels nie. Die regering kritiseer Duitsland dat dit onderhandelinge probeer vooruitloop.
Die minister van veiligheid en sekuriteit, genl.maj. (afgetree) Charles Namoloh, bevestig in die Nasionale Vergadering dat enkele Namibiërs ook al by die Islamitiese Staat (IS) se terreurmagte aangesluit het.
Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, verklaar bates met 'n waarde van bykans N$8 miljoen.
Die verhaal van Hope, 'n bobbejaanwyfie wat vasgebind en mishandel naby Windhoek se noordelike nywerheidsgebied aangetref word, raak talle harte aan.
Republikein se Duitstalige susterskoerant, die Allgemeine Zeitung, vier op 22 Julie 'n eeu in die nuusbedryf. As deel van die honderdjarige herdenking reik Nampost 'n spesiale seël uit.
Die adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, bestempel 'n ammunisiefabriek wat die Noord-Koreane in die land bou as 'n “nasionale bate”.
Mister Bond, 'n bul van mnr. Rynand Mudge, word in Australië as die wêreld se beste Brahmaan aangewys.
Stropers brand op die Angolese oewer van die Kavangorivier met masjiengewere op 'n trop van tussen 30 en 40 olifante los.
Die Windhoekse munisipaliteit begin sluit huishoudings se toevoer af wat meer as 40 000 liter water per maand gebruik.
Die regering probeer 'n wysigingswet op burgerskap deur die parlement stoomroller wat die Namibies-gebore kinders van buitelanders in die land van burgerskap sal ontneem. Die Nasionale Raad steek 'n stokkie voor die plan nadat Namibiese advokate ook gewaarsku het dat dié stap ongrondwetlik en minagtend teenoor 'n uitspraak deur die hooggeregshof is.
Tom Cruise werk in Namibië aan die rolprent The Mummy.
Die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro begin op 'n vals noot vir Namibië met die nuus dat die bokser Junias Jonas van onsedelike aanranding beskuldig is. Hy wag steeds op sy verhoor in Brasilië en is in die sorg van die Namibiese ambassade.
Die polisie is in Brakwater, buite Windhoek, weer slaags met opstandige jeugdiges uit die vryheidstryd wat berugtheid vir hul ontwrigtende en uitdagende optrede verwerf het. Die regering bewillig later N$11 miljoen uit die Maatskaplike Voorsorgfonds vir die groep en ander se opleiding.
Ben, Adolf en Polla, drie woestynleeus wat die rolprentsterre in Vanishing Kings was, word deur kommunale boere in die Kunenestreek vergiftig nadat hulle 'n donkie gevang het.
'n Jong koedoebul se besoek aan 'n winkel op Karibib maak groot opslae.
Namibië lewer mnr. Kobi Alexander op 23 Augustus aan Amerika uit waar hy op klagte oor die terugdatering van aandele-opsies en omkoopfondsskemas tereg moet staan wat spruit uit sy tyd aan die spits van die maatskappy Comverse Technology. Alexander het hom vrywillig oorgegee ná 'n jarelange regstryd sedert hy in 2006 via Israel na Namibië gevlug het.
Rehoboth se water word afgesny weens skuld van meer as N$36 miljoen aan NamWater. Die krisis vuur hernude betogings teen die dorpsraad aan.
Fitch gradeer Namibië se kredietvooruitsigte af van stabiel na negatief.
Die legendaries kunstenaar, Koos van Ellinckhuijzen (73), sterf in Swakopmund ná 'n siekbed.
Die direktoraat veeartsenydienste sluit Meatco se Okapuka-voerkraal buite Windhoek nadat Zeranol in 'n urienemonster gevind is. Dit blyk later dat die teenwoordigheid daarvan aan natuurlike oorsake toegeskryf kan word.
Die regering staak die aangaan van nuwe tenders totdat die hersiening van die begroting afgehandel kan word.
Ná 'n uitgerekte salarisstryd stem 95% van onderwysers ten gunste van 'n staking. Hulle eis 'n verhoging van 8% eerder as die 5% wat die regering op sekere posvlakke aangebied het.
Namibië se eerste dame, me. Monica Geingos, word as die Verenigde Nasies se voorspraakmaker vir jong vroue en tienermeisies aangewys.
'n Totaal van 64 gestroopte renosterkarkasse en 53 olifantkarkasse is al vanjaar in Namibië gevind.
'n Moeder van Swakopmund, me. Zenobia Seas, versmoor na bewering op 26 September haar tweejarige dogter in 'n motor op die pad tussen Hentiesbaai en Terracebaai. Die toneel dui daarop dat sy die motor aan die brand wou steek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie