Jack Huang glo in Angola vasgetrek
Nóg die Namibiese polisie, nóg Interpol kon die Chinees-Namibiese burger se inhegtenisneming in die buurland amptelik bevestig.
Die omstrede Chinese sakeman met Namibiese burgerskap, mnr. Jack Huang, is glo Donderdag in verband met 58 miljoen vervalste kwanza in sy winkelsentrum in Angola in hegtenis geneem.
Volgens Club-k.net, die Angolese staatsintelligensie- en sekuriteitsdiens, het die misdaad-ondersoekdiens en owerhede van die munisipaliteit van Viana die vervalste note (sowat N$1,8 miljoen) in ’n versteekte houer in Huang se winkelsentrum in Luanda gevind.
Dit volg glo ná die Angolese kantoor van die prokureur-generaal saam met die owerhede Donderdag ’n operasie getiteld Red die Nasionale Geldeenheid in die Hua Dragão City of China-winkelsentrum in Viana uitgevoer het en ses verdagtes vasgetrek het.
’n Polisiebron wat aan die klopjag deelgeneem het, het gesê dit is een van die grootste vervalste geld-netwerke van die Angolese geldeenheid.
Hy het ook gesê Huang se winkelsentrum word met ander ernstige misdaad soos geldwassery, prostitusie, die uitbuiting van minderjariges en die berging van kwanza verbind.
Nóg die woordvoerder van die Namibiese polisie, insp. Kauna Shikwambi, nóg adj.komm. Immanuel Sam van Interpol in Namibië kon Huang se inhegtenisneming in die buurland bevestig.
Huang noem president Hage Geingob en die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, sy vriende.
In Namibië word Huang en sy medebeskuldigdes by ’n reusebedrogsaak van N$3,5 miljard betrek, wat ook belastingontduiking en geldwassery insluit.
Huang is in Februarie 2017 op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako in hegtenis geneem, juis toe hy op pad Luanda toe was om ’n groot saketransaksie te beklink.
Hy is later op borgtog van N$1 miljoen vrygelaat en die saak is hangend.
Geingob het kort ná Huang se inhegtenisneming gesê hy oorweeg dit sterk ná regsadvies om sy aandeel in Africa Rising te verkoop.
Dié vennootskap tussen die president en Huang het ’n dorpsontwikkeling oos van Avis behels.
Huang word ook met die smokkel van Namibiese rooshout verbind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie