Jack Parow twiet tong-in-die-kies oor Sparrow-verwarring
Yandi du Plessis - Die Sparrow-Parow-verwarring het die kletsrymer Jack Parow darem nie omgekrap nie. Trouens, hy het selfs tong-in-die-kies daaroor getwiet.
Die Namibiese polisie was die naweek op soek na ’n Suid-Afrikaner, mnr. Lenard Pelley, en me. Daniella Beukes, ná Pelley glo Beukes se kêrel aangerand het. Haar kêrel het volgens die Walvisbaai-polisiekantoor 'n saak van huisbraak met die doel om aan te rand, asook ’n aanrandingsaak aanhangig gemaak.
Beukes se kêrel het haar as vermis aangemeld nadat sy saam met die verdagte verdwyn het.
Pelley het na bewering ook ’n ander vriend van Beukes in die maag gesteek en aangerand.
Die polisie het die vermiste paartjie Sondagoggend by Oshikango in die Ohangwenastreek vasgetrek ná hulle ’n wenk van ’n lid van die publiek ontvang het.
Die verwarring het begin toe die verdagte, wat glo as Jack Sparrow (Johnny Depp se Pirates of the Caribbean-karakter) bekend staan, verkeerdelik as die Suid-Afrikaanse musikant en rapper Zander Tyler, beter bekend as Jack Parow, geïdentifiseer is. Parow het in 2009 bekendheid verwerf met sy debuutsnit “Cooler as Ekke” en sy kenmerkende lang pette.
Op 18 April het die nasionale nuusagentskap Nampa berig dat die polisie op soek is na “die Suid-Afrikaanse musikant Lenard Pelley, wat bekend staan as Jack Parrow, in verband met ’n beweerde messteekvoorval”.
Die nasionale uitsaaier, NBC, het in dieselfde strik getrap en Maandag die berig “Suid-Afrikaanse musikant Jack Parrow by Oshikango in hegtenis geneem” op hul webblad geplaas.
Dié blaps het selfs by die régte Jack Parow uitgekom, wat darem die humor in dié situasie raakgesien het en ’n skermgreep van die NBC-berig op sy Facebook- en Instagram-bladsye gedeel het.
“It's with ONE R @nbcnamibia // Streetcred level up // Slide into my DM's... prison is lonely. Zander aka Lernard OUT,” het die sanger tong-in-die-kies in die sosiale media geskryf.
Selfs die Namibiese sanger Ees het kommentaar op dié plasing gelewer en geskerts dat Parow net moet laat weet as hy hom uit die tronk moet kry, want hy het mos “konneksies”.
Die NBC-berig is intussen reggestel. Die verskil wat ’n ekstra “s” en “r” kan maak, is ongelooflik. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie