Jacques Brel betower die kus
Ná Jacques Brel Is Alive and Well se reusesukses by die Warehouse-teater verlede jaar is vervaardiger Sandy Rudd oorweldig met versoeke om dié kabaretproduksie na die kus te neem.
Ten spyte van die positiewe terugvoering het Sandy geweet dit gaan ’n tegniese uitdaging wees om met die produksie te toer. Die show vereis ’n magdom klank en toerusting. Ná ’n lang gewik en geweeg en met die ondersteuning van Bank Windhoek, kry die produksie uiteindelik wiele en is op pad kus toe.
Jacques Brel Is Alive and Well sal vir twee aande afsonderlik op Walvisbaai en Swakopmund te sien wees.
Die eerste show sal vanaand om 19:00 by Haus de Jugen op Swakopmund plaasvind. Die tweede show sal môre-aand dieselfde tyd op Walvisbaai op die Restaurant Boat Cynthia plaasvind.
Sandy is opgewonde oor die feit dat die show vir die eerste keer op toer geneem word.
Boonop vind een show op ’n skip plaas.
“Dit gaan uiters romanties wees,” het sy gesê.
“Verbeel jou jy drink ’n skemerkelkie op die boot met ’n heerlike aandete voor jou en wêreldklas kabaret op die verhoog! Jy kan dit nie eenvoudig nie misloop nie.”
Sandy het haar opwinding met Kollig gedeel oor die positiewe terugvoering wat die produksie ontvang.
"Ek dink dit is wonderlik dat ons die produksie na ander dorpe in Namibië kan neem. Ná ons optredes by die Warehouse-teater en op Omaruru kan ons nie anders as om na die publiek te luister nie. Die organiseerders van die Omaruru Kunsroete het ons almal so spesiaal laat voel en alles gedoen om die show se sukses te verseker.
“Dit was een van die hoogtepunte van my jaar. Dus kan ek nie wag om die produksie by die kus te sien nie,” sê Sandy.
Lize en Esther
Lize Ehlers en Esther Fellner vertolk die hoofrolle in hierdie produksie en is laas saam gesien in die suksesvolle Mama Mia! - die grootste musiekblyspel wat nóg in Namibië aangebied is.
Die twee kunstenaars het goeie vriende gebly, met Ester wat gereeld aan Lize se gewilde Song Night by die Warehouse-teater deelneem.
Brel se musiek is tydloos en universeel.
Sy liedjies sal jou laat nadink, lag, huil, jou kwaad maak én jou verlief laat.
Wanneer al dié emosies deur Lize en Esther oorgedra word, kry jy die perfekte kombinasie van sielvolheid en klank.
Internasionale sterre soos David Bowie, Nina Simone, Shirley Bassey en Sting het ook baie van Brel se treffers gesing.
"Ne me quitte pas" is vertaal as "As You Go Away" en het deur Frank Sinatra bekendheid verwerf.
"Le Moribund" is vertaal as "Seisoene in die Son" en beide Terry Jacks en West Life het dít bekend gemaak.
Brel se liedjies is al meer gesing as enige ander kunstenaar ter wêreld s’n.
Die hoogtepunt van hierdie wêreldklas kabaret is Tuli en Oldile, twee van Namibië se beste dansers, se spesiale verskyning.
Vir meer inligting, kontak Charmaine Stewart by 081 170 0950.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie