Jaers druk hul stempel af by kus
Die vierde ronde van die Shell V-Powertydren vind volgende jaar op Gobabis plaas.
Tielman van Lill
Walvisbaai-motorklub het verlede Vrydag en Saterdag met sy Shell V-Powertydren die derde ronde van die Nasionale Namibiese kampioenskap by Swakopmund aangebied wat onderskeidelik deur Allan Martin in die S4-afdeling en Jandré Dippenaar in die Veldklas gewen is.
Met warm toestande en strawwe kompetisie moes sewe van die S-klasdeelnemers weens meganiese probleme onttrek. Wilro Dippenaar en Carolyn Swan (S4), Dewet du Plessis/Willem Hugo (S3), Jan Everson/Fanie Botes, Gert Coetzee/Dalton Bezuidenhout (beide S2), Pieter Greef/JP Robinson, Paul Oosthuizen/Johan du Plessis en Gino Meyer/Riaan Hennop (almal S1) moes die aftog blaas.
Dippenaar en Du Plessis kon nie een sneldeel ry nie, terwyl Everson en Greeff elkeen drie voltooi het. Gert Coetzee (4), Oosthuizen (7) en Meyer (6) het ietwat meer geluk gehad.
In die veldrenafdeling moes Rolf Pretorius/Katja Pretorius (CR2) ná sewe sneldele na die kuipe terugkeer. Werner Bartsch/Roche Louw, Ewald Bisschoff/Hein Bisschoff asook Wido Bartsch/Cecil Koorts (almal CR1) se tydren is vroeg beëindig. Dennis de Wet en Wynand Theron is ongelukkig ná die eerste sneldeel gediskwalifiseer.
Martin en sy navigator, Maretha Olivier, het al agt spesiale sneldele (SS) in 56 minute 26 sekondes in sy S4-klas J&P Hydraulics 4x4-Skoda gewen. Behalwe in die S4-klas, is Martin ook die algehele wenner van die Swakop-tydren.
Jannie Coetzee en George Coetzee was algeheel tweede en eerste in die S2-klas met ’n tyd van 1 uur 5 minute en 55 sekondes. Steven Marnewick en Jodine van Zyl neem algeheel die derde posisie in en wen die S1-afdeling in 1:27:12.
Veldklasse
In dié gewilde afdeling was die mededinging straf onder die CR1-spanne met deelnemers wat sekondes ná mekaar ingeklok het.
CR2: 1 Jandré Dippenaar/Gielie Visser (1:02:29), 2 Dirk Redman/Flippie Liebenberg (1:10:24). CR1: 1 Michel Rust/Chantell Taljaard (1:16:58), 2 Morné Oosthuizen/Jacques Kruger (1:17:41), 3 Marius van Zyl/Wayne Rust (1:20:21), 4 Willie Schoeman/SJ Schoeman (1:21:13).
Martin van die Walvisbaai-motorklub het aan Erongo gesê: “Die tydren en omstandighede was werklik moeilik vir al die spanne en ons het baie deelnemers weens sand en die hitte verloor, maar jaers moet hulself dissiplineer om nie te hard te jaag nie.
“Ongelukkig moes ons die besluit neem om die derde sneldeel Vrydagaand in die dorp te kanselleer weens toeskouers wat nie by die afgebakende gebiede gehou het nie.
“Ons stop eerder die kompetisie voor ’n toeskouer beseer word en motorsport ’n slegte naam kry. Spesiale toestemming word verkry om die sport na die mense in die dorp te bring, maar veiligheid kom eerste.
“Die vierde ronde van die kampioenskap vind volgende jaar op Gobabis plaas. Ek het die tweede en nou derde ronde van die kampioenskap gewen, maar die eerste een het ek weens mediese redes misgeloop. Hopelik kan ek my segetog op Gobabis voortsit.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie