Jaers vir harde werk beloon
Jaers vir harde werk beloon

Jaers vir harde werk beloon

Motorsport
NAMPA
Hesron Kapanga - Die Namibiese Motorsportfederasie (NMSF) en Windhoek-motorklub (WMK) het Saterdagaand by die WMK-klubhuis by die Tony Rust-renbaan wes van Windhoek sy deelnemers met 'n prysuitdeling vir hul harde werk gedurende die 2018-renseisoen beloon.

Agt-en-dertig individue het trofees vir hul deelname aan renstelrenne, langbaanrenne, ovaalbaanrenne asook sleeprenne ontvang. Die baanbeampte van die jaar is ook verras, terwyl die Presidentstrofee 'n nuwe staanplek gekry het.

Mnr. Richard Slamet, voorsitter van die WMK, belowe dat 2019 weer 'n uitsonderlike seisoen ná verlede jaar se harde werk gaan wees waar die klub nie minder as 18 byeenkomste aangebied het.

“Ons het laasjaar WMK se sestigste bestaansjaar gevier en boonop Angolese langbaanjaers vir die eerste keer hier op Tony Rust met strawwe kompetisie onthaal.

“Daar is goeie vriend­skapsbande gesmee wat toekomstige samewerking tussen die twee lande moontlik gaan maak,” het die voorsitter gesê.

Mnr. Daniel Tjongarero, president van die NMSF, sê dit was vir hom en sy span 'n bedrywige jaar om die land se motorsport­reëls op te stel en sy grondwet te hersien.

“Ten spyte van al die uitdagings wat ons rakende die reëls in die gesig gestaar het, het motorsport 'n goeie renseisoen beleef. Ons het daarin geslaag om geld in te samel en die toeskouergetalle by die baanbyeenkomste het ook verbeter. Hiervoor gaan al die krediet aan die deelnemers wat hul beste tydens kompetisies gelewer het,” het Tjongarero gesê.



LANGBAAN

Deelnemers wat trofees van WMK ontvang het, was die jaers Allan Martin en Christiaan Liebenberg (klas A) asook Michael Rust, Michael van Zyl en Zachary Martin vir klas B.

In klas C het Jaco Nel, Michael Strydom en Michael van Zyl trofees ontvang terwyl Clive Strydom en Matthew Strydom in klas D baas was. Die wenners in klas E was Janna Smit, Matthew Strydom en Nickey Claassens.

Daniella Beukes het 'n trofee as die voorste baanbeampte ontvang en Richie Slamet (14 jaar) die Presidentstrofee vir sy uitsonderlike jaagvernuf.



RENSTELLE

In die Max Terino-afdeling het Guido Bidoli, Jaydan van Zyl en Lo-André Bruwer met die bekers weg gestap met Christiaan Liebenberg (junior) wat in die Junior Max-kategorie vereer is.

Ivan Vorster, Jörg Goldbeck en Sean de Klerk is in die Senior Max-afdeling vir hul deelname beloon.



OVAALBAAN

Viersilinders (8 klep): Frank Borruso, Zachary Martin en Michael Behnke.

Viersilinder (16 klep): Allan Martin, Shaeen Emamdien en Dyllan Roodt.

Agt- en sessilinders: Richard Owen, Robbie Schneider en Tian Lourens.

350-450 cc kwads: Brandon Botelho, Jos Diekman en Michael Behnke.



SLEEPRENNE

4BF: Frankie de Rebeira, Roberto Bertolini en Matthew Strydom.

4BR: Deon Diergaardt en Verno Knowles.

8BR: Terence Knowles.

Bandit: McAllen Husselmann.

- Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!