Jag en die groen agenda
Vir baie het die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, se aankondiging Maandag van ‘n beplande verbod op die plasing van jagfoto’s op sosiale media dalk as ‘n koue skoot water in die gesig gekom.
Die plaaslike jagbedryf ondersteun in beginsel die beleid.
Die hoofrede is om gereelde kritiek teen Namibië – veroorsaak deur sulke foto’s – vanuit die geledere van internasionale omgewingsbewaringsgroepe en individuele bewaringsgesindes te ontlont.
Omgewingsaktiviste doen belangrike werk, maar behoort ook sake in perspektief te sien.
Een vraag is of so ‘n verbod en die kriminalisering van foto’s van jagters by hul prooi uitvoerbaar is. Iemand sal dit moet polisieer en afdwing. Is daar nie belangriker take as om tyd hieraan af te staan nie?
Wat van die grondwetlike reg op vryheid van uitdrukking – natuurlik op ‘n verantwoordelike wyse. Buitelandse tofreejagters kan nie alleen in die visier pryk nie. Wat van die foto op pa se Facebook-blad van Jannie wat sy eerste bok geskiet het?
Dit is ons leiers se verantwoordelikheid om met oplossings vir probleme vorendag te kom. Kennersmenings moet egter ook in ag geneem word – en die publiek moet sy reg op inspraak gebruik.
Om duiwelsadvokaat te wees: wat maak verantwoordelike jag anders as ander stokperdjies en kulturele aktiwiteite, wat selfs al stuit dit sommige teen die bors, nie aan so ‘n verbod onderwerp sal word nie.
Ons hoor graag ons lesers se menings.
So sê ander
4 Julie 2018
Jalalabad gauntlet: on the growth of IS in Afghanistan
The suicide attack in the eastern Afghan city of Jalalabad, which left at least 19 people dead, is yet another warning from the Islamic State to the war-torn country’s dilapidated political and security apparatus.
That the attack claimed the life of the only Sikh candidate running for elections this year speaks volumes of the plight of minorities in a country once celebrated for its diversity.
At a time when the number of Taliban-led attacks has come down, the IS has stepped up assaults.
Over the past two years, both Afghan and U.S. forces have targeted operations against the IS. But despite these claims the IS remains lethal and capable of striking citizens.
The Afghan government, overstretched in the endless civil war, faces two fronts now. If the IS is allowed to grow, Afghanistan’s descent into total chaos will only be a matter of time.
• THE HINDU

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie