'Jag is nie wildstropery'
'n Internasionale jagtersorganisasie meen die verbod op die invoer van jagtrofeë verbreek wetgewing van die Europese Unie.
Francoise Steynberg - Die Internasionale Raad vir Wild en Wildbewaring (CIC) is bekommerd oor 'n petisie met “verkeerde inligting” wat aan die Duitse omgewingsministerie voorgelê is om die invoer van jagtrofeë te verbied.
Die CIC, wat 30 miljoen jagters wêreldwyd verteenwoordig, het sy kommer uitgespreek oor “ideologies-gedrewe, herhaaldelike petisies wat in Europa versprei word om die invoer van jagtrofeë te verbied, wat op valse inligting gebaseer is”.
Die CIC meen die verbod op die invoer van jagtrofeë wat onlangs deur Nederland en Frankryk geïmplementeer is, verbreek wetgewing van die Europese Unie (EU).
“Duitsland moet saam met alle EU-lidlande daarna streef om die bestaande reëls en dialoog tussen lande wat jagtrofeë uitvoer en invoer, te verbeter en nie maatreëls afdwing wat wildbewaringspogings, insluitend die effektiewe stryd teen stropery, kniehalter nie. Dit sal verreikende omgewings-, ekonomiese en maatskaplike gevolge in baie lande hê en in teenstelling wees met wildbewaring en voortdurende pogings om stropery te beveg,” lui CIC se mediaverklaring.
“Jag in al sy vorms staar wêreldwyd al hoe meer kritiek in die gesig. Aanvalle op jag gaan voort ondanks bewyse dat dit 'n belangrike rol in wildbestuur, bewaring, voedselsekuriteit en inkomste speel.”
Die CIC meen die wanopvattings en mites oor volhoubare jag moet stopgesit word.
Volgens hulle sal dit 'n nadelige impak op soveel lande, veral in Afrika, hê, waar trofeejag die nodige inkomste vir bewaringspogings en die lewensonderhoud van plaaslike mense verskaf.
“Volhoubare jag is die beste vorm van grondgebruik in dorre lande. As trofeejag gestaak word, grootliks weens suiwer emosionele redes, sal dit 'n massiewe en verwoestende verlies aan die habitat van wilde diere veroorsaak.
“Dit klink vreemd, maar die jag van enkele uitgesoekte diere bevorder die oorlewing van wildbevolkings en -spesies,” lui die verklaring.
“In Europa, bykomend tot die direkte ekonomiese bydrae, dra jagters se vrywillige werk om spesies en hul habitat te beskerm en te bestuur, ook by tot die ontwikkeling van die landelike gebiede in Europa met 'n bykomende bedrag van €16 miljard deur alternatiewe indiensneming te verskaf,” lui die verklaring.
“Die jagters se bydrae strek selfs verder na die bewaring van die natuur met talle aksies om 65% van die grondgebied van die EU te bestuur in aktiwiteite wat verband hou met habitatverbetering, die vermindering van mens-dier-konflik, en skade en monitering. Dit alles ondersteun landelike ontwikkeling.”
Die CIC is 'n polities onafhanklike adviesliggaam wat streef na die bewaring van wild en jag.
Hulle bevorder volhoubare jag wêreldwyd as instrument vir bewaring.
CIC is in 1930 in Parys, Frankryk, gestig en het lede in 81 lande op vyf vastelande.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie