Jaggeweer, patrone glo by ‘voornemende renosterstropers’ gevind
Vyf Namibiese mans is verlede week in verband met renosterstropery of horingsmokkelary of pogings daartoe in hegtenis geneem.
Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 10 tot 16 Augustus van die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, is mnre. Petrus Johannes en David Ruben verlede Donderdag by Okahao in hegtenis geneem.
Hulle word daarvan beskuldig dat hulle saamgesweer het om ’n renoster te stroop, asook die vuurwapen- en ammunisiewet oortree het. Die polisie het beslag op een .303-jaggeweer, tien patrone en ’n voertuig gelê.
In verband met ’n ou renosterstroperysaak van 2015 by Orupembe, is mnre. Zaaruka en Vaandako Tjambiru verlede Dinsdag in hegtenis geneem.
Mnr. Uevisianao Muzuma is weer verlede Woensdag in hegtenis geneem in verband met ’n ou saak van renosterhoringsmokkelary by Otjondeka.
'n Lewende ietermagô is glo Vrydagaand in die kamer van die 29-jarige mnr. Nghidinihamba Fanuel Haufiku in die Wanaheda-woonbuurt in die hoofstad gevind.
Volgens die misdaadverslag het die Namibiese polisie ’n wenk van gemeenskapslede ontvang en Haufiku is omstreeks 23:00 in die Ogulumbashe-nedersetting in hegtenis geneem.
"Die lewende ietermagô is aan die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme oorhandig wat dit ná evaluering weer in die natuur sal vrylaat," lui die verslag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie