Jaguitstappie eindig tragies vir Mariental-sakemanne
Die afgelope naweek het vier mense op die land se paaie gesterf.
Die naweek het vier mense op Namibië se paaie gesterf, terwyl ’n bekende sakeman van die Suide in ’n private hospitaal in Windhoek vir ernstige beserings behandel word.
Dit blyk ’n jaguitstappie van mnre. Gerrit van der Merwe, eienaar van Super Sand op Mariental, en sy vriend, Willem Bergh, bestuurder van TrenTyre op dié dorp, het tragies geëindig toe hulle Saterdag omstreeks 21:25 glo in ’n skerp draai naby Lapa Lange buite Mariental in ’n ongeluk betrokke was.
Van der Merwe het volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag na bewering beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan en gerol. Bergh is op die toneel dood, terwyl Van der Merwe met ernstige beserings eers na die staatshospitaal op Mariental geneem is en later na Windhoek oorgeplaas is.
Een persoon is Maandag om 05:58 in ’n kop-aan-kop-botsing oorlede. Die ongeluk het 2 km buite Okahandja op die B1-hoofpad tussen Windhoek en Okahandja plaasgevind. Volgens die nasionale woordvoerder van die polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, het die bestuurder van ’n sedanvoertuig glo in ’n draai ’n ander voertuig verbygesteek en teen ’n aankomende bus gebots.
Die bestuurder van die sedanvoertuig, mnr. Moses Haikela (41), wat alleen in die voertuig was, is op die toneel dood. Die bus het 48 werkers van die Octesa Road Construction-maatskappy vervoer. Niemand in die bus is beseer nie.
Laurens Bester (15) is Saterdag om 16:50 op Swakopmund glo deur ’n insleepvoertuig gestamp terwyl hy oor die straat geloop het. Hy is op die toneel dood.
Nampa berig ‘n 12-jarige seun het Sondag op die toneel gesterf nadat hy deur ’n voertuig raakgery is. Die ongeluk het om 05:30 op die B1 by die Osona-nedersetting buite Okahandja plaasgevind. Volgens die Otjozondjupastreek se polisiewoordvoerder, insp. Maureen Mbeha, is die seun as Nathan Goagoseb geïdentifiseer.
“Ons ondersoek nog die omstandighede en wat hy op daardie oomblik op 'n openbare pad gedoen het,” het sy gesê.
’n Saak van strafbare manslag is teen die 56-jarige bestuurder aanhangig gemaak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie