Jagvereniging vereer uitblinkers
Die minister van die omgewing en toerisme het trofeë aan wenners oorhandig.
Elvira Hattingh
Die Namibië Professionele Jagvereniging (Napha) het tydens hul 45ste jaarvergadering verlede Dinsdag wyle mnr. Frank Heger met die toekenning vir die aktiefste Napha-lid van die jaar vereer.
Sy vrou, Gudrun, het die Klein Buffel-trofee en prysgeld namens hom ontvang. Dié geld sal aan 'n liefdadigheidsorganisasie geskenk word.
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het Heger se trofee, asook ander trofeë tydens die geleentheid aan wenners oorhandig. Mnr. Royston Wright, uitvoerende komiteelid van Napha, het tydens die vergadering gesê Heger is in 1996 tot Napha se uitvoerende raad verkies en het die daaropvolgende jaar as visepresident opgetree.
Hy het ook in die dissiplinêre komitee gedien.
“Hy was aan die stuur van Napha van 1998 tot 2005 en het die vereniging selfversekerd en suksesvol in ooreenstemming met professionele beginsels gelei. Tussen 2007 en 2013 was hy 'n lid van die uitvoerende komitee in 'n raadgewende hoedanigheid.
“Sy bevoegde en toonaangewende leierskap het Napha gehelp om 'n uitstekende reputasie op nasionale en internasionale vlakke te ontwikkel. 'n Mens kan met reg sê Napha het 'n goue tydperk onder Frank Heger se leiding beleef, en het een van die land se doeltreffendste verenigings geword,” het Wright gesê.
Geen bewaringspersoonlikheid is vanjaar aangewys nie, omdat eenstemmigheid oor 'n wenner nie bereik kon word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie