Jak sing oor liefde in die berge
Jak sing oor liefde in die berge

Jak sing oor liefde in die berge

Jak de Priester laai sy gesin gereeld in die kar en vat die pad Drakensberge toe.

Sy derde enkelsnit, “Drakensberg liefde”, van sy album 15 Jaar word tans uitgereik en Jak vertel ‘n heerlike storie oor die skryf van hierdie liedjie:

“Ek en my vrou, Michelle, en ons twee kinders, Jamie en Mija, was een naweek in die Drakensberge. Ek dink die oomblik was bietjie te groot en kort daarna het ons ‘n laatlammetjie ryker geword! Sy naam is Mika, maar ons noem hom Drakensberge. Maar om terug te dink aan daardie wonderlike road trip is vir my besonders lekker. Ons was moeg vir die stad en wou wegbreek en net die pad vat . . . deur Johannesburg en onder deur die tolhekke en verby Sasolburg in die Vrystaat. Dit is waaroor die liedjie gaan. Dit verduidelik die avontuur waarop ons was en die gevoel dat ons êrens tussen die berge wil wees, weg van alles af.”

15 Jaar is vroeg in 2018 ter viering van Jak se vol en suksesvolle loopbaan uitgereik en bestaan uit 17 oorspronklike snitte uit sy eie pen, wat sorgvuldig uitgesoek is om die sukses van sy loopbaan in ‘n neutedop vas te vang.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!