Jakkalse, klippe eis lewens
Drank was vermoedelik die oorsaak van ’n voorval op Oranjemund waartydens ’n man die slagoffer van wilde diere was.
Augetto Graig - Mnr. Asser Mweshipange (63) het nie die voorreg gehad om 2018 te verwelkom nie.
Mweshipange was volgens die Namibiese polisie Sondagaand besig om sy kollegas ná werk met ’n minibus tuis af te laai.
Hy was op die Westelike verbypad en toe hy onder die brug deur na Rocky Crest ry, is die voertuig van bo af met klippe bestook.
Drie groot klippe het skade aan die voertuig veroorsaak waarna een deur die voertuig se voorruit gevlieg het.
Dié stuk klip het Mweshipange in die bors getref.
Hy is later na die Rooms-Katolieke hospitaal in Windhoek gejaag, maar het aan sy beserings beswyk.
Die polisie is op soek na leidrade oor die verdagtes se identiteit en versoek die publiek se samewerking in die verband.
Enigiemand met inligting oor die voorval kan adj. komm. Abner Agas by 081 124 2649 kontak.
Drank was vermoedelik die oorsaak van ’n voorval op Oranjemund wat tussen 04:00 en 06:30 Sondagoggend plaasgevind het.
Volgens Nampol is die liggaam van ’n man wat gedeeltelik deur jakkalse gevreet is, in die park sowat 30 m van die Flamingo Court-woonstelle af, gevind.
Die polisie sê mnr. Salatiel Kushina (31) het onder die invloed van drank in die park aan die slaap geraak en die wilde diere het hom daar beetgekry.
’n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van dood bepaal.
Die man se familie is reeds van die voorval in kennis gestel.
Sondag omstreeks 18:40 is die ontbinde liggaam van ’n man in die veld op die plaas //Aes Oas op Uis gevind.
’n Plaaslike boer het die liggaam as dié van sy veewagter uitgeken ná twee mans wat na bokke in die area op soek was, daarop afgekom het.
Die veewagter is oorspronklik van Groot Aub naby Windhoek en is op 2 Desember laas gesien ná hy bokke weiveld toe geneem het en nooit teruggekeer het nie.
Volgens adj. komm. Erastus Iikuyu, die Erongostreek se koördineerder van misdaadondersoeke, word vermoed die oorlede man is deur wilde diere aangeval.
Die polisieondersoek duur voort, sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie