Jakkalsligte laat die kollig op roofdierprobleme val
Jakkalsligte laat die kollig op roofdierprobleme val

Jakkalsligte laat die kollig op roofdierprobleme val

’n Studie het bewys dat flitsende ligte as ‘n doeltreffende visuele afskrikmiddel kan dien om snags vee binne krale teen roofdiere te beskerm.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh

Flitsende ligte blyk ‘n doeltreffende visuele afskrikmiddel vir roofdiere te wees en ’n hulpmiddel om vee snags in hul krale te beskerm.

’n Groep van ses navorsers het tot dié slotsom gekom nadat hulle die metode onder vyf kleinveeboere in kommunale gebiede in die noordooste van Namibië beproef het.

Hul studie is onlangs in die Conservation Evidence Journal (2021) gepubliseer.

Die betrokke boere se kleinvee het aanvanklik – vóór die studie – almal erg onder roofdiere deurgeloop. Die boere maak hul vee snags in krale toe met die hoop dat dit hulle teen roofdiere sal beskerm.

Die navorsers sê jakkalse en rooikatte is geïdentifiseer as die roofdiere wat die mees algemeen op die boere se bokke en skape geprooi het. Die boere het soms ook ervaar dat jagluiperds hul vee vang.

Die navorsers het elke boer met vier “jakkalsligte”, bekend as foxlights, toegerus om aan elke kant van die kraal aan te bring. Die ligte herlaai met sonkrag en flits lukraak in drie kleure (rooi, blou en groen). Hulle is ook met ‘n sensor toegerus wat optel wanneer dit donker raak en die ligte moet aanskakel.

Die flitsende ligte boots mense se bewegings na om wild te verjaag. Die tegniek is bewys om doeltreffend te wees om te keer dat roofdiere snags jag maak op boere se vee. Hulle meen egter die metode se doeltreffendheid kan beperk wees as mense nie wel ook aktief optree om roofdiere van hul vee af te weer nie.

Die navorsers het die eksperiment vir ‘n jaar lank – vanaf Desember 2018 tot Desember 2019 – laat aangaan. In dié tyd het die kleinveeboere nie weer enige vee snags in hul krale of binne 15 m rondom die krale aan roofdiere verloor nie.

“Die studie bewys dat flitsende ligte kan werk as ‘n doeltreffende visuele afskrikmiddel om snags vee binne krale teen roofdiere te beskerm.

Verliese aan vee vér weg van die krale is aan jagluiperds en rooikatte toegeskryf.

“Ons het die jakkalsligte by die boere gelos en gesien ander boere in die omgewing het ook dié tegniek aangeneem. Dit bied ‘n geleentheid om die doeltreffendheid van die flitsende jakkalsligte oor die lang termyn te monitor.

Vorige studies dui daarop dat die doeltreffendheid van die metode naderhand kan afneem omdat roofdiere dalk gewoond daaraan raak.

“Ons raai boere dus aan om die metode as deel van ‘n meer komplekse en geïntegreerde bestuursplan teen roofdiere te gebruik. . .” het die navorsers gesê.

Hulle sê hierdie is een van verskeie beskikbare tegniese benaderings wat kan sorg dat mense en wild vreedsaam binne dieselfde omgewing saam kan leef. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A