Jaloesie lei glo tot moord, selfdood
Jaloesie lei glo tot moord, selfdood

Jaloesie lei glo tot moord, selfdood

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Jaloesie was glo die rede vir ’n beweerde moord en selfdood Woensdagmiddag in ’n klein nedersetting naby Karasburg.

Volgens die koördineerder van misdaadondersoeke in die ||Kharasstreek, adj.komm. Chrispin Mubebo, het ’n 25-jarige man sy eksmeisie (17) vermoor en homself daarná gehang.

Die voorval het Woensdag tussen 13:00 en 14:00 in die Haib-nedersetting, sowat 40 km suidwes van Karasburg af, plaasgevind.

“Die paartjie het glo in Desember opgebreek en die man, mnr. Henry Grasveld, wou die verhouding met sy eksmeisie, Bianca Rooi, glo hervat. Sy was nie daarvoor te vinde nie en ’n stryery het tussen hulle uitgebreek,” het Mubebo gister aan Republikein gesê.

“Grasveld het sy eksmeisie glo met ’n mes agter in die nek gesteek. Toe hy besef sy is dood, het hy na sy sinkhuis gegaan en homself gehang,” het die koördineerder gesê.

Die families van die oorledenes is van hul sterftes ingelig en die polisieondersoek duur voort.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 19° | 27° Eenhana: 21° | 27° Oshakati: 24° | 28° Ruacana: 19° | 32° Tsumeb: 19° | 28° Otjiwarongo: 19° | 28° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 20° | 30° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 17° | 19° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 20° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 19° | 34° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 26° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 19° | 22° Maseru: 16° | 25° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 23° | 30° Windhoek: 20° | 30° Cape Town: 17° | 23° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 17° | 20° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 21° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!