James Bond maak u2018n draai in die hoofstad
James Bond maak u2018n draai in die hoofstad

James Bond maak ‘n draai in die hoofstad

Lloyd Zandberg
Die lewe gaan oor besluite – regtes en verkeerdes.

Jy moet môre ‘n belangrike besluit maak. Jy kan kies om by die huis te bly en jou gunstelingfliek 007 te kyk, of jy kan ’n stappie verder gaan en in James Bond of selfs een van sy glamour-meisies by die Gin Room verander.

As jy nog nie van die Gin Room gehoor het nie is dit die plek waar jy die grooste verskeidenheid jenewers in Namibië kan drink en proe. Buiten die indrukwekkende reeks jenewers gaan die lieflike atmosfeer en dekor jou totaal meevoer.

Die Gin Room is ‘n alternatiewe heelal waar jy die lewe op ‘n ander vlak kan waardeer.



Hierdie geleentheid gaan ‘n aand wees om te onthou. Die enigste vereiste is dat jy met jou beste 007-kostuum opdaag.

Terselfdertyd het jy ook die kans om verskeie pryse te wen.



Desolate is ‘n trots Namibiese Jenewer. Die Copper & Coal Distillery is op Walvisbaai gebaseer en spog met drie oorspronklike jenewers, waarvan een in eikehout verouder word. Die ander een word van plaaslike plante gemaak.

Die vervaardiger van hierdie jenewers is Andries van Schalkwyk – die James Bond van Namibiese jenewers.

Gaan maak môreaand om 18:00 ‘n draai by die Gin Room, by die Riverport-woonstelle, om ‘n ware Bond-ervaring te beleef.

Kaartjie kos N$150 en is beperk.

Besoek die Gin Room se Instagram- en Facebook-blad vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!