Jan Blohm groei met nuwe album
Jan Blohm het met sy jongste album, Die liefde album, ’n ander pad as die resep van die verlede gevolg.
Die titel van dié album, sy eerste in ses jaar, wyk ook af van dít waaraan Blohm se aanhangers gewoond is.
Hy wou ook nie weer ’n “Groen trui” of “Breyten se brief” skryf nie. Dit het hy reeds gedoen en om homself na te boots is buite sy visier.
“Inherent sal ’n mens se werk seker altyd verander,” sê Blohm.
“Jy wil nuwe goed probeer. Ek is gelukkig dat ek nie aan my verlede vasklou nie. Ek glo daarin om te groei en probeer so min as moontlik weerstand bied.”
Blohm, wat dié album onlangs in die Atterburyteater in Pretoria bekend gestel het, verwys ook na die wêreld wat voortdurend verander.
“Ek dink jy tune in. Dis ontsaglik, maar dis goed.”
Die album bevat ’n opname van Gert Vlok Nel se bekende “Beautiful in Beaufort-Wes” en die snit “Winternag” handel oor die digter Eugène Marais, maar dit is nie ’n toonsetting van die gedig “Winternag” nie.
Poësie is vir Blohm die grootste vorm van kuns.
“Dis vir die Breytens en so aan. Ek dink die kombinasie van Breyten (Breytenbach) en Kurt Cobain is the story of my life. Ek eer daardie goed. Ek bewonder digters. Ek lees baie gedigte. Ek aspireer na daardie goed.”
Hy is ook ’n groot aanhanger van NP van Wyk Louw.
“Ek dink hy is die grootste liedjieskrywer wat nie ’n liedjieskrywer was nie.”
Met die skryf van sy musiek en lirieke moet Blohm homself dikwels uit die pad dwing.
“Jy moet ophou dink aan ‘dis ek’. Jy staan in die pad, jy moet jouself uit die pad uit kry. Dit voel vir my asof daar iets deur my werk. Ek weet nie of dit intuïsie, of die heelal of ’n hoër mag is nie. Ek weet nie, ek het nie ’n naam daarvoor nie. Daar kom mooi goed uit, gewoonlik met die lirieke. Jy is nou hierdie geskenk gegee. Jy het die song gekry, so kyk nou mooi daarna.”
Blohm is ook ’n visuele kunstenaar. Hy werk tans net met houtskool, maar wil graag olie ook aandurf. En dalk sal hy eendag ook weer toneelspeel.
Hy was in 2005 in Franz Marx se dramareeks Dit wat stom is op kykNET. Hy het ook saam met Elrine Spies die temalied, “Dromer”, gesing.
Dit was destyds die ontslape aktrise Trudie Taljaard wat hom gehelp het met raad.
“Tannie Trudie … ek het nie geweet van acting nie. As ek omring word deur dieselfde mense, sal ek dit weer wil doen. Ek is ook maar ’n toeskouer, ’n passasier. Ek bestuur nie die motor nie. Ek het te veel foute.” - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie