Jan Taks vasberade oor belasting
Jo-Maré Duddy – Altesaam 217 nuwe buitelandse belastingbetalers is sedert die ontvanger van inkomste se veldtog teen ontduiking in Maart in totaal met sowat N$50 miljoen aangeslaan.
Volgens die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, is 381 buitelandse SME-ondernemings landwyd in dié tydperk as deel van “Operation Sunrise” besoek. Dié besighede dryf handel in tweedehandse motors, selfone, horlosies, klere en bykomstighede.
“Die ministerie en die ontvanger van inkomste sal nie toegee in ons pogings om volle gehoorsaamheid van die belatingwette te bereik nie,” het Schlettwein gister tydens ‘n nuuskonferensie gesê.
Die ministerie het nie nuwe belastingmaatreëls aangekondig wat op die informele sektor toegespits is nie, en is ook nie van plan om dit in die afsienbare toekoms te doen nie, het Schlettwein beklemtoon.
Hy het gereageer op die bohaai wat die ministerie se vrystelling van ‘n pamflet, “Taxation of Business Income”, oor die belastingpligtigheid van besighede in onder meer die informele sektor veroorsaak het. In dié brosjures word besighede daaraan herinner dat hulle belasting op hul inkomste moet betaal. Individue wat meer as N$50 000 per jaar verdien, moet eweneens aan Jan Taks gee wat hy toekom.
Schlettwein sê dié “goedbedoelde” boodskap van die pamflette word verdraai en veralgemeen. “Wat ons wou bereik, is groter nakoming en afdwinging van die bepalings van die bestaande belastingwette.”
Nie-diskriminerend
Namibië se belastingwetgewing diskrimineer nie en tref nie onderskeid tussen formele en informele ondernemings of Namibiese en buitelandse besighede nie, het Schlettwein benadruk.
Belastingdrumpels en vrystellings geld ook vir almal.
“Dit is ondenkbaar en ‘n verregaande oortreding van belastingwette om te verwag dat ‘n belastingstelsel wat regverdig en billik is, sekere individue sal vrystel wat dieselfde inkomste as ander verdien op grond van die bedryf of sektor van die ekonomie waarin hulle sake doen,” sê hy. “Die grondbeginsel van belasting is inkomstevlakke en die belastingwet definieer die vlakke van belasbare inkomste.”
In ‘n poging om groter regverdigheid en billikheid in die stelsel te verseker, het die ministerie ook begin met lewenstyloudits en die ouditering van multinasionale maatskappye, insluitende in die vis- en mynboubedryf, sê Schlettwein. Registreerde en nie-geregistreerde entiteite, ongeag hul nasionaliteit en agtergrond, is hieraan onderhewig.
Dié inisiatief lyk “belowend” en die ministerie het reeds sekere belastingontduikers opgespoor, sê Schlettwein. “Nie-registrasie beskerm niemand van hul belastingpligte nie en is ‘n oortreding van die belastingwette.”
BTW
Volgens Schlettwein is terugbetalings van belasting op toegevoegde waarde (BTW) aan die meeste groot ondernemings sowat ‘n maand uitstaande.
Daar is egter ‘n agterstand met eise in van die streke en van dit is tot ‘n jaar agterstallig, sê hy.
Mannekrag is herontplooi en oudits word versnel, het hy gesê.
Die ministerie het ‘n paar “baie ernstige” bedrogslenters met BTW oopgekrap waar fiktiewe besighede fiktiewe eise indien, aldus Schlettwein.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie