J&J nou Namibiërs se eerste keuse
Sedert die Janssen-entstof teen Covid-19, ontwikkel vir die farma-reus Johnson & Johnson, in Namibië aangeland het, het dit die eerste keuse vir immunisering in die grootste deel van die land geword.
Teen Woensdag is nog net in drie streke, Ohangwena, Omusati en Oshikoto, meer eerste inspuitings met Sinopharm gedoen.
Met J&J is ‘n opvolgspuit nie nodig nie.
Die afgelope Maandag tot Woensdag se gerapporteerde inentingsdata toon hoe J&J van ‘n derde van alle nuwe inentings (34%) tot die helfte (49%) en meer toegeneem het. Woensdag was die persentasie 57%.
Totale eerste spuite vir die week bestaan dusver uit 3 316 dosisse Sinopharm, 1 037 dosisse AstraZeneca, 35 dosisse Sputnik en 3 848 dosisse J&J.
Die week is ook 4 548 opvolginentings met Sinopharm gedoen en 1 872 met AstraZeneca.
In Windhoek word egter steeds minder as 1 000 nuwe inentings per dag gedoen.
Die Khomasstreek se nuwe inentings het Woensdag bestaan uit tweede derdes J&J, bestaande uit 571 dosisse (67% van die totaal), 187 dosisse Sinopharm (22%), 73 dosisse AstraZeneca (9%) en 15 dosisse Sputnik (2%). Die Russiese entstof is net by een inentingspunt in Windhoek beskikbaar.
INENTINGSVELDTOG
Die beskikbaarheid van J&J het in ‘n beperkte mate nuwe stukrag aan die land se intentingsveldtog gegee.
Die 2 905 eerste spuite wat vir Dinsdag gerapporteer is, was die meeste op een dag in meer as ‘n maand. Op 17 Augustus was die syfer 2 940.
Pfizer-entstowwe het Vrydag in die land aangekom.
Teen Woensdag was 6,7% van Namibië se totale bevolking, 167 925 persone, volledig ingeënt.
Dit verteenwoordig 11,2% van die 60% van die bevolking wat die owerhede teiken.
Tien persent van die totale bevolking, meer as 250 000 mense, het reeds ‘n eerste inspuiting ontvang met entstowwe wat ook ‘n opvolgdosis vereis. Die syfer maak 16,9% van die 60%-mikpunt uit.
JONGSTE DATA
Vir Woensdag is gister 111 nuwe gevalle van Covid-19 bevestig; 48 onder skoliere.
In drie gesondheidsdistrikte is 10 of meer nuwe gevalle aangeteken: 23 in Windhoek, 17 in Oshakati en 15 in Swakopmund.
Twee nuwe sterftes is aan Covid-19 toegeskryf; een elk in die distrikte van Engela en Outapi. Die sterftes het plaasgevind op 18 en 22 September.
Die land se algehele herstelkoers staan steeds op 96%, maar is waarskynlik 97%. Vir Windhoek word naamlik minstens 200 gevalle ouer as 14 dae steeds as aktief gelys.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie