Jantjies vat Leeus se leisels
Jantjies vat Leeus se leisels

Jantjies vat Leeus se leisels

Superrugby
Die Springbok-losskakel Elton Jantjies sal Sondag in die FNB-stadion in Johannesburg vir die Leeus voor draf wanneer hulle teen die Bulle te staan kom.

Jantjies bevind hom in 'n agterlyn wat wemel van oud-Bulle soos André Warner, Dan Kriel, Duncan Matthews en Jamba Ulengo.

Hy voer die span aan, gegewe die Leeus wat bevestig het dat die beseerde Springbok-agtsteman Warren Whiteley dié seisoen 'n lid van die afrigtingspan is.

Whiteley, wat die afgelope twee seisoene telkens op die krukkelys was, sukkel steeds met die kniebesering wat hom verlede jaar uit die Wêreldbeker-toernooi gehou het.

Hy sal saam met sy oudspanmaat Julian Redelinghuys en Philip Lemmer die voorspelers afrig met die lynstane wat sy portefeulje is.

Sean Erasmus sal die hoofafrigter, Ivan van Rooyen, as verdedigingsbreier bystaan, terwyl die agterlyn, aanval en vaardighede Neil de Bruin se mandaat is.

Die ervare Bok-stut Jannie du Plessis, wat hom ná vyf seisoene by die Franse klub Montpellier by die Leeus aangesluit het, is in die beginspan gekies.

Marnus Schoeman word in die opdrafspan as oopkantflank bo Roelof Smit verkies.

Kriel, tweelingbroer van die Springbok Jesse, kry 'n kans as binnesenter nadat hy hom nie voorheen by die Bulle of daarna by die Stormers in die beginspan kon vestig nie.

• Leeus: Tiaan Swanepoel, Jamba Ulengo, Duncan Matthews, Dan Kriel, Courtnall Skosan, Elton Jantjies (k), André Warner, Len Massyn, Vincent Tshituka, Marnus Schoeman, Marvin Orie, Ruben Schoeman, Jannie du Plessis, Pieter Jansen, Dylan Smith.

Reserwes: Jan-Henning Campher, Sti Sithole, Frans van Wyk, Roelof Smit, Cyle Brink, Morné van der Berg, Manuel Rass, Tyrone Green, Jo-Hanko de Villiers, Wilhelm van der Sluys, Jan-Louis La Grange, Wandisile Simelane.

 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!