Januarie lewer plek-plek goeie neerslae
Grootfontein was in Januarie die witbroodjie met byna dubbel soveel reën as normaalweg.
Uitstekende neerslae in die Mieliedriehoek, die Zambezistreek en die Suide is van die hoogtepunte op die weerkantoor se reënverslag vir Januarie.
Grootfontein, met 265,8 mm reën, het byna dubbel soveel reën ontvang as die historiese, maandelikse gemiddeld van 134,6 mm vir Januarie.
Meer as 350 mm het al sedert Oktober in die driehoek, wat bestaan uit Otavi, Tsumeb en Grootfontein, geval. Dit is volgens die weerkantoor 125% van die normale neerslae tot aan die einde van Januarie.
Op Katima Mulilo (295,7 mm) is 82% meer as die gemiddeld van 162,7 mm gemeet.
Ook in die Ooste het bogemiddelde neerslae voorgekom.
Gedurende Januarie het die droogte vir 'n derde agtereenvolgende reënseisoen sedert 2015 in veral die Kunene- en Erongostreek voortgesleep.
Op Khorixas het net 5% van die maandelikse gemiddelde reënval in Januarie voorgekom en 8% van die gewone neerslae van Oktober tot Januarie (sien die kaart hiernaas).
In die Sentrale Noorde is gemiddelde tot ondergemiddelde neerslae aangeteken.
Normale reënval het ook oor die sentrale dele van die land geval, maar daar was nie noemenswaardige invloei in damme nie – 'n prentjie wat teen die afgelope naweek verander het.
HOOGSTE DAGSYFERS
Volgens die weerkantoor was die hoogste neerslae op 'n enkele dag as volg:
Ndiyona-224 mm
Nkurenkuru-106 mm
Tsumkwe-93 mm
Huttenhof-105 mm
Ondobe-90 mm
Outapi-77 mm
Awagobibtal-76 mm
Katima Mulilo-72,4 mm
Mururani-72 mm
Okongo-71 mm
Sachona-70,5 mm
* Die weerkantoor se verslag vermeld net meetpunte van die ministerie van werke en vervoer se afdeling vir meteorologiese dienste.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie