Janus
DIRK VAN ZYL SKRYF:
Kyk hoe mooi is die glimlag van die kandidaat,
Terwyl hy die kiesers begroet.
Die vuil verwaarloosde kind tel hy op,
Soos ’n vader wat sy krosie behoed.
Trane word gewaar, terwyl hy beloftes maak,
Deur ’n mond wat hartseer vertoon.
Sy lippe bewe, en sy stem is skor,
Gebroke hart, in die stad waar hy woon.
Sy beloftes bereik elke siel wat daar staan.
“Jul toestand het my hart aanskou,
Ek het nooit besef wat ek nou hier sien.
Uit jul armoede sal ek rykdom bou.”
“Deur julle sal ek beskore wees om te lei,
’n kans te gun, my hand te reik.
Om elkeen van julle, hier saamgetrek,
Op te lig uit die donker put van slyk.”
Juigende stemme, druising van hande wat klap,
Stoot ’n eergevoel deur sy brein.
“As ek, die gekose, oor hul kan regeer,
Sal hulle bid, ek het nooit hier verskyn.”
Hy swaai met sy hande tot die gejuig bedaar,
En groet want sy hart is vol eer.
“Die arme gespuis moet ek nou verdra.
Nog ’n wyle moet ek hier verkeer.”
Soos die kiesers en kinders hom graag wil aanraak,
Bruis die afsku deur sy wese.
“Hou jou in, dis jou toekoms se streling,
Verdra hulle nou, verstoot na dese.”
Nog ’n forseerde glimlag bring pyn in sy hart.
“Nooit sal hulle my klas bereik.
Dis ’n helse stryd om ’n stem te werf,
Veral as ek na die gespuis moet kyk.”
Die lang eleksie is eventueel verby,
beset die stoel en luukse kantoor.
Die vereiste kworum is gou byeen,
om die beloftes in die kiem te smoor.
Die ampsmotor se ruite is ekstra getint,
om hom van die armes te skei.
By vergaderings word toegang gevra,
om gepeupel, uit sy gehoor te kry.
As dit jou beginsel is, om mense te jaag,
Is daar iets wat jy moet onthou.
Al wat jy kan jaag is wat voor jou is,
Goeie Herders loop voor, wat jaag jy nou?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie