Japan gee plaaslike Kendo erkenning
Kendo
Die “Ambassadeur se Erkenning” word deur Japanse ambassadeurs toegeken aan individue of groepe wat op uitstaande wyse bydra tot die verdieping van wedersydse begrip en vriendskap tussen Japan en ander lande.
Die onlangse toekenningseremonie aan Sensei André Pienaar was spesiaal en geskiedkundig vir Namibië as erkenning vir sy pogings om Kendo te bevorder – ’n gevegskuns wat die hart van die Japanse kultuur en tradisies uitbeeld.
Kendo gee Namibiërs die kans om oor Japanse waardes en deugde te leer, soos dit reeds eeue gelede deur die samoerai beoefen is, en wat steeds ingeburger is in die hedendaagse kultuur en leefstyl van Japan.
Die spesiale toekenning aan Sensei André Pienaar is deur mnr. Hideaki Harada, Japan se ambassadeur in Namibië onderskryf.
Sensei André het reeds in 2015 saam met Shinichi Hamada-San van die Japanse ambassade begin oefen en in 2016 is die Windhoek Kendoklub gestig. Met steun van die ambassade het hy begin om hierdie unieke gevegskuns en sport te bevorder deur demonstrasies by kulturele geleenthede in Namibië.
Die Namibië Kendofederasie (NKF) is sedert 2017 by die Namibiese Sportkommissie geregistreer en het ongeveer 20 aktiewe lede (mans, vroue en kinders).
Om hul vaardighede en ondervinding te verbreed en vir graderingsdoeleindes neem senior lede van die Namibië Kendoklub jaarliks deel aan internasionale seminare in Johannesburg, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Kendofederasie (SAKF), wat ’n goeie eendersdenkende verhouding tussen die twee buurlande geskep het.
Namibië word ook al hoe meer gewild onder gevestigde Kendo-instrukteurs met hoë Dan-graderings van oor die wêreld, wat graag internasionale seminare kom aanbied terwyl hulle ons pragtige land geniet.
Die Musashi Kendo Dojo is geleë by Edison Square in Windhoek se suidelike nywerheidsgebied, waar oefensessies (Keiko) op Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 plaasvind. Die NKF beoog om in komende jare meer Kendo-klubs (dojo’s) in Namibië te vestig, wat die kus en die Noorde as moontlike groeigebiede teiken.
Kendo word beskryf as ’n manier om die menslike karakter en psige te dissiplineer deur die toepassing van die beginsels van die katana (swaard) wat ’n leefstyl van opregtheid en respek bevorder.
’n Ongewone eienskap is dat deelnemers van alle ouderdomme teen mekaar kan oefen. Kinders vanaf vyf jaar kan in die sport opgelei word en Kendokas kan tot in hul sewentigs of tagtigs steeds formidabele opponente wees. Die beskermende drag staan op die Japanse benaming Bogu bekend.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie