Japan herdenk keiser se 83ste verjaarsdag
Japan herdenk keiser se 83ste verjaarsdag

Japan herdenk keiser se 83ste verjaarsdag

Tydens die viering van Japan se nasionale dag verlede week (7 Des) in Windhoek, het die kollig geval op die samewerkingsbystand wat Japan die afgelope jare aan Namibië verleen het.
Henriette Lamprecht
Estelle de Bruyn - Bilaterale betrekkinge tussen Namibië en Japan het die afgelope jaar verstewig en samewerking is op verskeie terreine uitgebrei.

So sê Japan se ambassadeur in Namibië, mnr. Hideyuki Sakamoto, wat Woensdag tydens die viering van Japan se nasionale dag in Windhoek gepraat het.

Japan het verlede jaar sy ambassade in Windhoek geopen.





Hoëvlak besoeke

Sakamoto het daarop gewys dat verskeie Namibiese hoogwaardigheidsbekleërs, waaronder die minister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Immanuel Ngatjizeko, die minister van hoër onderwys, opleiding en skeppendheid, dr. Itah Kandjii-Murangi en die voorsitter van die Nasionale Vergadering, me. Mensah-Williams, Japan vanjaar besoek.

Die ontwikkelingsforum tussen Japan en Afrikalande, Ticad 6 wat in Augustus vanjaar in Nairobi, Kenia aangebied is, is deur die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, die minister in die presidensie verantwoordelik vir nasionale beplanning en die direkteur-generaal van die nasionale beplanningskommissie, mnr. Tom Alweendo en die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, dr. Peya Mushelenga bygewoon. Mushelenga het hom by leiers van ander Afrikalande aangesluit vir ''n bespreking oor die ontwikkeling van die private sektor en kapasiteitsbou.





Bystand aan onderwys

Volgens Sakamoto studeer vyf jong Namibiese sakelui tans in Japan as deel van die Ticas-inisiatief, Afrika sake-onderriginisiatief. Begunstigdes van hierdie inisiatief studeer vir ''n meestersgraad aan ''n universiteit in Japan waarna hulle ''n internskap by ''n private sakeonderneming in die land ontvang.

“Die Japanse Ontwikkelingsagentskap (Jica) stuur sedert 2006 vrywilligers na Namibië en vanjaar is die tiende herdenking hiervan. Sedert die aanvang het meer as 100 Japanse vrywilligers reeds nou saam met plaaslike gemeenskappe in ''n verskeidenheid velde insluitende landelike ontwikkeling, siviele ingenieurswese, inligting en kommunikasietegnologie en onderwys gewerk,” het Sakamoto gesê.





Mahango en rys

Hy het ook die samewerking deur Jica tussen die Universiteit van Namibië en Japanse universiteite in die noordelike dele van Namibië gewys, waar ''n nuwe metode van gemengde oeste bestaande uit droogtebestande mahangu en vloedbestande rys ingestel is.

Hierdie navorsingsprojek loop eersdaags ten einde en het volgens Sakamoto uitstekende welslae behaal.

Die ambassade het vanjaar verskeie voetsoolvlak bystandsprojekte ondersteun veral op die gebied van onderwys deur skole te bou. Altesaam 30 skole is reeds in Namibië ingevolge die projek gebou.

“Japan en Namibië het lang jare se samewerking in visserysektor. Onlangs is die rooi krap fabriek, die eerste van sy soort in Namibië, op Walvisbaai as gesamentlike onderneming tussen Japanse en Namibiese maatskappye, geopen,” het Sakamoto gesê.

Japan herdenk sy nasionale dag op die geboortedag van Keiser Akihito, wat op 23 Desember is. Keiser Akihoto word vanjaar 83 jaar oud. Volgens Sakamoto het die keiser geen politieke funksies nie, maar is die simbool van nasionale eenheid ingevolge ''n demokratiese grondwet.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!