Japan ondersteun skool in Havana

Tanja Bause
Tanja Bause Die ambassadeur van Japan in Namibië, mnr. Hideyuki Sakamoto, het tydens 'n amptelike seremonie vier nuwe klaskamers, ’n stoorkamer, toiletgeriewe, sowel as 'n nuwe ingangshek aan die Primêre Skool Havana se skoolhoof, mnr. Andreas Katangolo, oorhandig. Die geboue wat teen 'n beraamde koste van 'n miljoen Namibiese dollar opgerig is, is deur die Japanse regering se Grant Assistance for Grassroots Human Security Projects (GGP)-program aan die skool geskenk. Die skool het in 2007 geopen en het huidig 1 535 leerlinge wat onderrig van preprimêr tot graad 7 ontvang. Dit het 'n personeel van 48 onderwysers. Die Japanse regering het die GGP-program in 1989 in Namibië van stapel gestuur. Tot op hede is 44 projekte ter waarde van N$28 miljoen ondersteun.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!