Japanse premier besoek oorstroomde gebiede
Sjinzo Abe, premier van Japan, het Woensdag vloedgeteisterde dele van die land besoek.
Die dodetal het tot 176 gestyg in die ergste oorstromings in 36 jaar te midde van vrese vir nog oorstromings.
Stortreën het verlede week oorstromings en grondstortings in die weste van Japan veroorsaak met groot skade aan veral woonbuurte wat dekades gelede teen steil hellings gebou is.
Abe, wat 'n oorsese besoek afgestel het om die ramp te hanteer, het onder kritiek deurgeloop nadat 'n foto op Twitter gedeel is van waar hy en sy minister van verdediging saam met parlementslede 'n partytjie bywoon net toe die reën begin vererger.
Abe se regering het US$4 miljard vir die heropbou ná die ramp toegewys en sal 'n bykomende begroting oorweeg as dit later nodig is.
Reddingswerkers en snuffelhonde spook in skroeiende hitte om hope hout en dik modder te fynkam vir lyke.
In sommige gevalle het slegs die fondamente van huise oorgebly en het reddingswerkers met kettingsae deur die brokstukke gesny.
Met die temperature wat tot 33 °C en hoër in Okajama en Hirosjima kan styg, word daar nou probeer om hitte-uitputting onder reddingswerkers en die duisende mense in die skuilings te voorkom. Amptenare het op sosiale media ook gewaarsku oor die gevaar dat kos besmet kan word en aanbeveel dat mense hul hande gereeld was en ander maatreëls tref om voedselvergiftiging te voorkom. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie