Jare later . . . En nou?
Dani Booysen - Dat die bedrogverhoor van die Teko-trio van voor moet begin, is ontstellend.
Terselfdertyd beskerm hierdie belangrike uitspraak deur die hooggeregshof sentrale regsbeginsels in almal se belang.
Die Teko-saak is een van Namibië se groot nuusstories die afgelope jare.
Vir die regter wat vervang moet word, asook die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) is die appèlhof se bevindinge glad nie vleiend nie.
Buiten vir tegniese foute met dagvaardings en lasbriewe deur die ACC en die regter se verwardheid of dit om die een of die ander gaan, is bevind 'n redelike persoon sou redelike gronde hê om in die regter se onpartydigheid te twyfel.
Aansoeke dat regters hul moet onttrek, slaag selde. Dit beaam die erns van hierdie saak. So 'n besluit is nie 'n regter se uitsluitlike diskresie nie.
Daar is beslis dat die regter in 'n belangrike aspek 'n uitspraak wat eers later moes volg, vooruitgeloop het.
Beweerde klein foutjies in prosesse mag volgens die land se hoogste hof nie gering geag word nie. Behoorlike regsadministrasie is juis nodig om elke burger se grondwetlike regte te beskerm en die toelaatbaarheid van bewysstukke te verseker.
Byna agt jaar later en meer as twee jaar nadat die saak tot stilstand geruk het, is dit verstaanbaar dat sommige se bloed kook.
Sulke frustrasie met die regsproses word op talle vlakke ervaar. Bygesê is dit nie altyd howe se skuld nie, maar dikwels die van ondersteunende stelsels.
Veel meer moet in beginsel ook gedoen word om Namibiërs vanaf 'n jong ouderdom goed oor ons regstelsel op te voed.
So sê ander
20 Junie 2017
Mynbouhandves wys regering wil nie uit verlede leer
Die regering se Mynbouhandves wys weer dat dié ANC-regering nie uit foute van die verlede wil leer nie.
Suid-Afrika se mynbedryf het die internasionale opbloei in die kommoditeitsbedryf in die 2000's weens 'n militante arbeidsmag en staatsinmenging misgeloop.
Dis asof die regering die naïewe idee het dat die mynbedryf 'n onuitputlike bron van rykdom is.
Natuurlik moet swart Suid-Afrikaners hul regmatige deel van die land se minerale rykdom kry. Die volhoubaarste manier om dit reg te kry, is om 'n vrye mark te skep waarin swart mynbouentrepreneurs kan gedy.
As die handves die bedryf kunsmatig in 'n ondoeltreffende gietvorm wil dwing, sal die kapitaal vlug. As die regering die gevestigde rolspelers in die bedryf met opset wil uitstoot om sy droom van nasionalisering te bewaarheid, moet hy besef hy baan die weg vir mislukking.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie