Jare se ervaring dwing respek af
SPES Bona Motors doen reeds sedert 1975 sake in Namibie en het sedertdien ontwikkel as een van die mees gerespekteerde en betroubaarste handelaars in gebruikte voertuie. Benewens die Premuim Select-tak in Onafhanklikheidslaan, beskik die maatskappy ook oor 'n Pre-ownedtak in Hosea Kutako-rylaan. Die tak bied aan kopers 'n meer bekostigbare voertuig van tussen N$40 000 en N$150 000 met die gemoedsrus van 'n volle 12-maande waarborg, ongeag die hoeveelheid kilometers gedurende die tydperk afgele.
Die enigste voorwaarde wat geld is dat voertuie gereeld soos voorgeskryf deur gekwalifiseerde werkswinkels gediens word. Die algemene filosofie van die besturende direkteur van die onderneming, mnr. Pieter Senekal, dat jy op die voorpunt moet bly om mededingend in die mark te wees, word dus ook by die tak van Spes Bona Motors toegepas.
Beskikbare tegnologie word toegepas en die onderneming bied ook spesiale opsies aan kopers wat geen ander handelaar in gebruikte voertuie doen nie. Wat dit betref, is hulle die enigste handelaar wat oor sy eie finansieringsen versekeringsbeampte (F & I) beskik en ook die enigste handelaar wat sy eie gratis 12-maande waarborge aan kliente verskaf.
Laasgenoemde is 'n volle waarborg wat op alle voertuie wat deur Spes Bona verkoop word, van toepassing is. "Ek dink ons koperspubliek is oor die algemeen onkundig wanneer dit kom by die koop van 'n gebruikte voertuig. Baie keer word besluitneming beinvloed deur 'n paar dollar verskil in prys of die kleur van 'n motor terwyl die voordele wat kopers kan kry deur liewer sake met 'n betroubare en gevestigde handelaarskap soos Spes Bona te doen, baie meer is as net die sigwaarde daarvan," het mnr. Senekal verduidelik.
Spes Bona het die afgelope paar jaar onder mnr. Senekal se bestuur gefloreer omdat hy voordurend met vars bemarkingsidees na yore kom en sake so doen om langtermynverhoudings met kliente te bou. Dit het reeds uitgekring tot die aanbieding van 'n hele klompie bykomstighede soos Auto Armor, VPS, krediet lewensdekking, verlengde waarborge en diensplanne, asook korttermyn versekering. Vir gemoedsrus waarborg Spes Bona ook die egtheid van die voertuig met betrekking tot die model en kilometers afgele. Met 'n moderne en ten volle toegeruste werkswinkel in plek wat oor die van opgeleide vakmanne beskik, word diens en herstelwerk ook op hul perseel gedoen.
Personeel van Spes Bona funksioneer as 'n geoliede span en word volgens mnr. Senekal betrek by gesprekke en beplanning. 'n Beginsel van deelnemende bestuur is aan die orde van die dag wat ook daartoe bydra dat elkeen 'n gesamentlike verantwoordelikheid dra met betrekking tot alle suksesse en mislukkings. Op die wyse funksioneer Spes Bona as een van die beste handelaars in gebruikte voertuie in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie