Jazztyd in Windhoek
Dit is weer tyd vir 'n groot makietie, met die jaarlikse Windhoek Jazzfees wat môre by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek aangebied word. Vanjaar kan liefhebbers van township jazz onder meer uitsien na optredes deur die legendariese Yvonne Chaka Chaka. Ander musikante sluit in Vusi Nova, Garth Taylor, baskitaarspeler Cicero Lee en die Suid-Afrikaanse saksofoonspeler Dan Shout. Plaaslike kunstenaars wat gaan optree, is Rose BLVC, Sean K, Allistaire & The Swingers Dance Band en William Petersen. Die plaaslike Fu Jazz Band sal ook hul unieke klank tot die wenresep voeg. Kaartjies is vooraf by Computicket te koop teen N$250 of teen N$300 by die hek.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie