Jean-Luc gekies om WP te boelie
Jean-Luc gekies om WP te boelie

Jean-Luc gekies om WP te boelie

Rugby
Tinus van Staden - Die Haaie-flank Jean-Luc du Preez sal môre in die Curriebeker-eindstryd teen die Westelike Provinsie op Nuweland met een doel voor oë op die veld draf: om die Streeptruie te boelie.

Robert du Preez, die Haaie-breier, het gister by sy spanaankondiging voor die eindstryd gesê die besluit om sy seun Jean-Luc by die beginspan in te sluit, is geskoei op die verwagte fisieke uitdaging wat die WP gaan bied.

“Dit is lekker om vir JL terug te hê; ons weet dit gaan 'n aggressiewe stryd wees, so dit is waarom ons hom gekies het,” sê Du Preez.

Jean-Luc het drie weke gelede van 'n besering teruggekeer wat hom drie en 'n half maande langs die kantlyn gehou het. Hy sal in die nr. 7-trui uitdraf, met Tyler Paul wat na nr. 6 skuif in Jacques Vermeulen se plek.

Vermeulen sal op die plaasvervangersbank sit.

Die breier het die besluit verduidelik om Paul ten koste van Vermeulen in die beginspan te hou.

“Tyler het 'n ongelooflike seisoen gehad. Hy is 'n baie goeie ou om in jou span te hê. Hy doen gereeld die ongesiene werk.

“Ons weet wat ons in Jacques en Luke Stringer het, so hulle gaan 'n verskil maak as hulle opgestuur word.”

In die enigste ander verandering wat Du Preez aan sy beginspan ­aangebring het wat die Goue Leeus in die halfeindronde geklop het, vervang Aphelele Fassi vir Lwazi Mvovo op linkervleuel.

“Fassi beleef 'n uitstaande seisoen. Hierdie kan hopelik die kersie op die koek vir hom wees. Fassi is 'n baie bevoegde plaasvervanger vir Lwazi.”

Mvovo het harsingskudding teen die Leeus opgedoen. Hy is die enigste speler in die Haaie se groep wat in die eind­stryd van 2013 op Nuweland vir die Durbaniete gespeel het, toe die Haaie die WP geskok het om die titel te wen.

Louis Schreuder, die Haaie se skrumskakel en kaptein, het wel vyf jaar terug in die eindstryd gespeel. Toe het hy egter 'n Streeptrui gedra.

Daar was steeds geen plek vir die “seisoen-kaptein”, Chiliboy Ralepelle, in die beginspan nie. Akker van der Merwe sal weer op haker sak.

Jean-Luc du Preez en sy broers Dan (agtsteman) en Robert (losskakel) is almal in die beginspan.

Die laaste keer dat drie broers vir dieselfde span in die eindstryd gespeel het, was in 1982 toe Carel, Willie en Michael du Plessis in die WP se wenspan teen Noord-Transvaal in aksie was.

Die Haaie: Curwin Bosch, Sbu Nkosi, Jeremy Ward, Marius Louw, Aphelele Fassi, Robert du Preez, Louis Schreuder (k), Dan du Preez, Jean-Luc du Preez, Tyler Paul, Hyron Andrews, Gideon Koegelenberg, Thomas du Toit, Akker van der Merwe, Juan Schoeman.

Reserwes: Chiliboy Ralepelle, Mzamo Majola, Coenie Oosthuizen, Jacques Vermeulen, Luke Stringer, Cameron Wright, Kobus van Wyk, Leolin Zas.



WP SKOK MET ­WILLEMSE OP 12

Die Westelike Provinsie se afrigter, John Dobson, het gister geskok deur vir Damian Willemse op binnesenter te kies vir môre se Curriebeker-eindstryd teen die Haaie op Nuweland.

Willemse se onverwagse posisionele skuif beteken dat Josh Stander as losskakel gaan opdraf. Stander was baie indrukwekkend in die ligafase en die WP se ritme is in verlede naweek se halfeindstryd teen die Blou Bulle versteur deur die keuse van Willemse in die nr. 10-trui.

Willemse, gebruiklik 'n losskakel wat ook heelagter kan speel, se skuif beteken dat Dan Kriel hom op die plaasvervangersbank bevind.

Twee Springbokke – Jano Vermaak en Sikhumbuzo Notshe – keer terug as onderskeidelik skrumskakel en agtsteman.

Die WP-span: Dillyn Leyds, Sergeal Petersen, Ruhan Nel, Damian Willemse, SP Marais, Josh Stander, Jano Vermaak, Sikhumbuzo Notshe, Ernst van Rhyn, Kobus van Dyk, JD Schickerling, Chris van Zyl (k), Wilco Louw, Bongi Mbonambi, Ali Vermaak.

Reserwes: Scarra Ntubeni, Caylib Oosthuizen, Michael Kumbirai, Salmaan Moerat, Jaco Coetzee, Herschel Jantjies, Dan Kriel, JJ Engelbrecht.

 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!