Jean-Paul pluk eerste vrugte
Die NTF berei voor om die Afrika-kampioenskap later vanjaar aan te bied.
Tielman van Lill – Die RMB-duathlon is Saterdag suksesvol deur die Namibiese Triathlonfederasie (NTF) by die Onafhanklikheidstadion en die nabye omgewing aangebied.
Risa Dreyer, visepresident van die NTF, sê die rekordgetal van 85 inskrywings was oorweldigend en die kompetisie straf onder die elite atlete, terwyl die sosiale deelnemers die uitdaging geniet het.
“Ek dink dis veilig om te sê die byeenkoms was ’n reuse-sukses. Die nuut verkose komitee het regtig aan alle verwagtinge voldoen en ’n baie goed gereëlde byeenkoms aangebied.
“Die algehele gees en atmosfeer was gemaklik en vriendelik onder al die deelnemers, spesifiek teenoor deelnemers aan hul eerste duathlon. Dis juis ons oogmerk om atlete na dié sport te lok en te verwelkom. Daar was baie nuwe gesigte te bespeur. Louis Peens van Food Lovers Market is bekend as fietsryer en hy het Saterdag sy eerste verskyning gemaak. Hy het verbasend goed gevaar en was eerste plek in die meestersafdeling.
“Die roetes in die omgewing was toeskouervriendelik, maar tegnies en vinnig, wat dit opwindend vir die atlete gemaak het.
“Die federasie is verheug om bekende atlete soos Willie van Zyl en Jean-Paul Burger ná ’n paar jaar se afwesigheid terug in ons midde te verwelkom. Jean-Paul was die wenner van die Sprintkompetisie in ’n indrukwekkende tyd van 59 minute 58.48 sekondes.
“Konrad Marais was tweede in 1:03:21 en JG van der Westhuizen derde in 1:03:47, terwyl Willie van Zyl vierde met 1:04:18 geëindig het.
“Ons hoop om voortaan sommer nog baie meer van JP te sien. Konrad het geen bekendstelling nodig nie en dien ook nou as ’n ad hoc-lid op die komitee. Met sy regsagtergrond en groot liefde vir dié sport is hy ’n groot aanwins vir die NTF.
“Die jong JG van der Westhuizen is ’n uitstekende atleet en kan gerus in die toekoms dopgehou word. Willie het ’n indrukwekkende pas gehandhaaf nadat hy die vorige naweek in Suid-Afrika aan die moordende Mac Mac-ultramarathon deelgeneem en die vierde plek behaal het.
“Die vrouewenner was geen verrassing nie, met Benita Kasch wat gemaklik in 1:13:10 gewen het. Die jeugdige Hilde-Marie Olivier was tweede en Ada Kahl derde in die Sprint.
“Op 10 Julie sal die NTF die Namibiese nasionale duathlonkampioenskap aanbied en later vanjaar kom die Afrika-duathlonkampioenskap in Windhoek aan die beurt. Ons hoop om sterk kompetisie tussen die vroue daar te hê met Adelé de la Rey wat ongelukkig die naweek nie kon deelneem nie.
“Die NTF bedank graag sy borge RMB (ons hoofborg die naweek), asook Shoprite, die Suzelle & Janine Davin-sporttrust en Coffee Addicts, asook Nicole Waldeck wat gratis massering aangebied het. Sulke byeenkomste is nooit sonder borge moontlik nie!
“Die nuwe komitee is opgewonde en sien uit daarna om meer soortgelyke kompetisies aan te bied en ons moedig mense aan om deel te neem. Daar is regtig iets vir almal waarmee elkeen hulself op die proef te stel,” het Dreyer gesê.
Die voorste uitslae:
SPRINT (27.5 km)
Mans algeheel: 1 JP Burger (59:58), 2 Konrad Marais (1:03:21), 3 JG van der Westhuizen (1:03:47).
Vroue algeheel: 1 Benita Kasch (1:13:10), 2 Hilde-Marie Olivier (1:19:28), 3 Ada Kahl (1:20:14).
Elite ope mans 19-30: 1 JP Burger (59:58.48), 2 Konrad Marais (1:03:21), 3 JG van der Westhuizen (1:03:47).
Mans 31-40: 1 Willie van Zyl (1:04:18), 2 John Valentin (1:07:09), 3 Jaco van den Berg (1:08:46).
Vroue 31-40: 1 B. Kasch (1:13:10), 2 Lelani Swart (1:20:44), 3 Janeke Buys (1:38:13).
Mans 41-50: 1 Michiel Greeff (1:10:37), 2 Peter Brinkmann (1:12:37), 3 Paul Brinkmann (1:12:38).
Mans 51 en ouer: 1 Louis Peens (1:14:44), 2 Max Schafer (1:16:16), 3 Mark Brinkmann (1:18:31).
Vroue 51 en ouer: 1 Karin Brockmann (1:26), 2 Mandy Huysamen (1:28:13), 3 Berrit Graf (1:35:18).
Meisies o.19: 1 Hilde-Marie Olivier (1:19), 2 Ada Kahl (1:20:14).
Seuns o.19: 1 Yenik Brinkmann (1:22:23).
Seuns o.14: 1 Kian Brinkmann (1:28:45).
SPRINT-SPANNE (27.5 KM)
1 FLM Team Works (mans) 1:09:02, 2 Min Gespin (gemeng) 1:22:17, 3 Hip Hop (vrouespan) 1:37:37.
SUPERSPRINT (15 km)
Mans algeheel: 1 Nathan Chase (34 min 49 s), 2 Nicholis du Plessis (36:58), 3 Micah Chase (37:36).
Vroue algeheel: 1 Corley Viljoen (41:12), 2 Shanay Viljoen (43:44), 3 Surina de Wit (44:06).
Elite ope mans 19-30: 1 Christiaan Dry (43:26).
Elite ope vroue 19-30: 1 Cari Graf (47:59), 2 Marli Schafer (49:20), 3 Hetty Nelumbu (54:19).
Seuns o.19: 1 Nicholis du Plessis (36:58).
Meisies o.19: 1 Corley Viljoen (41:12), 2 Shanay Viljoen (43:44).
Seuns o.14: 1 Nathan Chase (34:49), 2 WJ Dreyer (40:10.89).
Seuns o.12: 1 Micah Chase (37:36), Stefan Kruger (44:15).
Mans 31-40: 1 Johan du Plessis (38:13), Neels van Tonder (41:07), 3 Cobus Theyse (54:21).
Vroue 31-40: 1 S. de Witt (44:06).
Mans 41-50: 1 Dries Kotze (54:03).
Vroue 51 en ouer: 1 Sharon Schafer (44:17).
Spanne: 1 TM (vroue) 40:26.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie