Jean-Paul wys weer sy slag in die Kaap
Die organiseerders van die sport bly vasberade om meer en meer plaaslike talent te ontgin.
Toe Jean-Paul Burger laas naweek by die gesogte West Coast Warmwater Weekend triathlonkompetisie die eerste plek voor almal se neuse opgeraap het, het hy weereens gewys dat Namibië se driekampatlete op die hoogste vlak kan kompeteer.
Die kompetisie bestaan uit 'n 2 km swemskof, 64 km fietsry en dan 'n verbete hardlooproete van 10 km deur dik seesand.
Volgens Burger was dit 'n ongelooflike harde resies, maar die mooi landskap en goed georganiseerde wedloop het alles die moeite werd gemaak. Die kompetisie word jaarliks in die Nasionale Weskuspark by Langebaan in die Wes-Kaap aangebied. Driekamp- en Ysterman-atlete oor die hele Suid Afrika neem deel om hierdie titel los te slaan en duisende dollar se prysgeld is jaarliks op die spel.
Die park bied skilderagtige agtergrond vir 'n baie harde byeenkoms van seesand hardloop, bergagtige fietsryroete en 'n lekker koue swem in die see.
PRETITEM SONDAG
Die Namibiese Triathlonfederasie (NTF) is tans besig met registrasies vir die seisoen vir atlete wat wil affilieer. Aansoekvorms en betalings kan aanlyn gedoen word op die OTB Sport webblad of 'n e-pos kan na die federasie by [email protected] gestuur word.
Komende Sondag om 08:00 word 'n “sprint”-triathlon en duathlon by die munisipale swembad in Olympia gehou. Inskrywingsgeld beloop N$70 vir NTF lede en N$100 vir nielede. Registrasies begin reeds om 07:00 en dit is moontlik om vooraf by die NTF te affilieer.
Omdat dit 'n pretbyeenkoms is, is daar nie kategorieë of pryse nie.
Die keuses van afstande vir die dag is:
Super Sprint triathlon: swem 400 m/ fietsry 10 km/ hardloop 2.5 km.
Super duathlon: hardloop 2.5 km/ fietsry 10 km/ hardloop 2.5 km.
Sprint triathlon: swem 700 m/ fietsry 20 km/ hardloop 5 km.
Sprint duathlon: hardloop 2.5 km/ fietsry 20 km/ hardloop 5km.
PAASNAWEEK
Charmaine Shannon, president van die NTF, sê die beheerliggaam beoog om driekamp in die land vanjaar tot nuwe hoogtes te voer met 'n nuwe komitee wat gretig is om vir sy lede baie opwinding met kompetisies te besorg.
“Driekamp is een van die sporte wat die vinnigste groei in die internasionale arena en Namibië hou die pas vol met sommer 'n klomp talentvolle atlete wat gerus dopgehou kan word.”
Voornemende kandidate word herinner dat die nasionale kampioenskap vanjaar tydens die Paasnaweek op Walvisbaai gehou word en dat voornemende inskrywings wel NTF-lede moet wees. Besoek gerus ook die federasie se Facebook-blad vir meer deurlopende inligting.
Inskrywingsvorms vir die nasionale byeenkoms sal vanaf volgende week op die OTBSport webtuiste beskikbaar wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie