Jemen en Sirië nie 'n plek vir politieke sissies
Die vegtende olifante trap die gras plat, maar gewone mense moet die gelag betaal.
Leopold Scholtz
Die internasionale politiek het oorwegend bitter min met moraliteit te make, maar alles met 'n sug na mag. Dié stelling word tans bewys deur die internasionale betrokkenheid by die burgeroorlog in Jemen.
Dié konflik woed nou al sedert 2015 in dié staatjie op die suidwestelike hoek van die Arabiese Skiereiland tussen die amptelike regering en die Houthi-rebelle.
Wat die twee partye skei, is veral godsdiens. Die rebelle behoort tot die Sjiitiese rigting van die Islam, terwyl die amptelike regering Soennities is.
Dit pas in by die globale “burgeroorlog” tussen die twee rigtings. Dit verklaar ook die burgeroorlog in Sirië grotendeels – daar word die bewind van pres. Basjar al-Assad oorheers deur Alawiete, 'n Islamitiese sekte wat aan die Sjiiete verwant is en wat teen 'n uiteenlopende reeks Soennitiese groepe veg. Maar dit strek veel wyer. Die Soennitiese Saoedi-Arabië veg aan die Jemenitiese regering se kant, terwyl die Sjiitiese Iran die rebelle bystaan.
Dis waarom Iran en Saoedi-Arabië ook aan teenoorgestelde kante in die Siriese burgeroorlog betrokke is. Die gevolg is 'n bloedige oorlog in sowel Jemen as Sirië, wat al honderdduisende lewens geëis en ongelooflike verwoesting meegebring het.
Maar dis nóg ingewikkelder, want ook die buitewêreld bemoei hulle met die konflikte. In Sirië is dit Rusland wat die Assad-regime aktief help, terwyl Amerika die rebelle steun. Amerika (en sommige ander Navo-lande) is nie regstreeks in Jemen betrokke nie, maar lewer die wapens waarmee Saoedi-Arabië daar veg.
Nou is daar toenemende verset in die Weste teen die lewer van wapens aan Saoedi-Arabië weens dié se rol in Jemen.
MORALITEIT GELD NIE
Duitsland het byvoorbeeld die verkoop van wapens gestaak, en druk word – tot dusver vergeefs – op die Amerikaanse en Britse regering uitgeoefen om dieselfde te doen.
Vir veral pres. Donald Trump geld moraliteit glad nie. Hy sien Saoedi-Arabië as Amerika se groot bondgenoot teen Iran, en dié bondgenootskap mag hoegenaamd nie in gevaar gestel word nie. Dis dus interessant dat die senaat Trump nou oor die vingers getik het. Dit het – teen Trump se uitdruklike wense – 'n mosie aanvaar dat Amerika sy steun vir Saoedi-Arabië se oorlogspoging in Jemen moet beëindig.
Amerika hou homself tradisioneel voor as 'n land wie se buitelandse beleid deur moraliteit bepaal word.
In die praktyk is die Amerikaanse beleid egter oorwegend deur klipharde eiebelang bepaal, met 'n dun morele sousie bo-oor. Trump het egter selfs dié morele sousie laat vaar.
Die gevolg is ewenwel dat die vegtende olifante die gras bly plattrap. En dus is dit die gewone mense in lande soos Sirië en Jemen wat die gelag moet betaal.
Die internasionale politiek is nie 'n plek vir sissies nie. Dis bedoel vir hardebaarde. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie