Jennifer: Ongelooflik in Namibië!
Jennifer Zamudio is op pad Namibië toe!
Dié kunstenaar is in Gansbaai gebore en het op die Weskus-dorpie Laaiplek (Velddrif) grootgeword. Sy het aan die Hoërskool Swartland op Malmesbury gematrikuleer. Jennifer woon die afgelope 25 jaar in Pretoria en sing reeds die afgelope 16 jaar professioneel. Sy het haar sangloopbaan by Anneli van Rooyen se sangskool, Promuzik, in Pretoria, begin. Jennifer het aan die begin van haar loopbaan bekend gestaan as Die Singende Pers Sensasie. Haar pers haarkleur het haar beslis laat uitstaan en sy sal nog lank daarvoor onthou word.
Jennifer het reeds 11 solo-albums agter haar naam: Leef, Jy is die Een, Ek het jou Gevind, Hart se Loper, Hoor hoor, Hier’s my Hart, ’n Dekade van Musiek (’n dubbel-CD ter viering van haar 10 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf), Die Lewe is ’n Liedjie, Hart en Siel, 15 Jaar Spesiale Uitgawe (ter viering van haar 15 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf), en haar nuutste vrystelling, Ongelooflik.
Van haar CD’s het haar al verskeie nominasies en toekennings besorg. Sy is ook op 15 verskillende saamgestelde albums ingesluit. Van Jennifer se liedjies het al nommer een- en ander topposisies op plaaslike radiostasies beklee.
In Junie 2016 reik Jennifer, weer as onafhanklike kunstenaar, haar 11de CD, Ongelooflik, uit wat reeds voor vrystelling deur radiostasies beskryf is as “verseker iets om na uit te sien”.
Die titelsnit van dieselfde naam het op ’n paar stasies se trefferparades gepryk in die nommer een-posisie. Ook die video van die titelsnit tref verskeie TV-kanale met sukses.
In April vanjaar stap Jennifer weg met twee gesogte Ghoema-musiektoekennings in die kategorieë Beste Country-album, vir haar album Ongelooflik, en Publiek se Gunsteling- vroulike kunstenaar, wat toegeken is op grond van die publiek se stemme.
Republikein het Jennifer met ’n paar vrae gepeper:
Wat is die grootste risiko wat jy al geneem het? En wat het jy daaruit geleer?
Die dag toe ek besluit het om ’n onafhanklike kunstenaar te wees.
Wat is die grootste prestasie wat jy al in jou lewe bereik het?
My onlangse Ghoema-musiektoekennings is die cherrie op die koek!
Wie is jou rolmodel en hoekom?
Ek het nie eintlik een nie, maar as ek moet sê, sal dit Celine Dion wees. Sy is een van min kunstenaars wat weet hoe om met haar stem en die verhoog te werk.,
As jy enigiets kon doen, wat sou dit wees?
Ek sal na Nashville, Tennessee, gaan en die heeltyd net perform!
Waarheen sal jy graag wil reis?
Nederland.
Hoe lyk die perfekte dag in jou lewe?
Solank daar iewers musiek betrokke is, beskou ek dit as perfek.
Waar sien jy jouself in vyf jaar?
Met nog ’n album of twee onder die knie en besig om te toer om my musiek na mense toe te vat.
Wat maak jou die gelukkigste?
Om tyd saam met my vriende en familie te spandeer.
As jy nou ter dood veroordeel word, wat moet jou laaste bord kos wees?
Anchor’s Restaurant in Walvisbaai se garnale
Wat is die mees gewaagde ding wat jy al ooit gedoen het?
Om van musiek my loopbaan te maak.
Waarvoor is jy die dankbaarste?
Om te kan doen wat ek die liefste het, om te sing en op te tree.
Is daar iets wat mense nie van jou sou verwag nie?
Seker die feit dat ek in die weermag was vir sewe jaar.
As jy enige plek op aarde kon woon, waar sou dit wees?
Amerika.
Jennifer se Namibië-toer van 9 tot 17 Junie
9 Junie - Outjo
Privaatskool Moria
18:30 vir 19:00 - N$180 per persoon (ete ingesluit) / N$60 vir kinders onder 12 (warmbrak of pastei ingesluit).
Skakel Corrie by 081 284 0035 vir meer inligting.
10 Junie - Walvisbaai
Grapevine Chefs @WBYC
18:00 vir 19:00 - N$120 per persoon / N$60 vir kinders onder 12.
Skakel Ingrid by 081 894 3130, Yola by 081 444 6363 of Walvisbaai se seiljagklub vir meer inligting.
14 Junie - Keetmanshoop
Keetmanshoop Privaatskool
19:00 - N$50 per persoon / N$20 vir kinders.
Skakel Stoffel by 081 230 3557 of Tinus by 063 224 638 vir meer besonderhede.
16 Junie - Mariental
Lapa Lange Game Lodge
19:00 - N$70 per persoon / N$20 vir kinders.
Skakel Eileen by 063 241 801 vir meer besonderhede.
17 Junie - Windhoek
Benguella-hengelklub

Skakel Lydia by 081 271 8118 of Nicky by 081 421 0927 vir meer inligting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie